Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leerling (10) dood nadat sy van bakkie afspring

’n Tienjarige leerling aan Glen Heatlie AME Primêr buite Worcester is Sondagoggend dood nadat sy glo van ’n bakkie afgespring en geval het.

“Dit is tragies. Sy was so ’n stil en voorbeeldige kind wat baie gelief onder haar maats was,” het ’n onderwyser, wat anoniem wou bly, Maandag aan Netwerk24 gesê.

Die onderwyser sê Henrieët Booysen en van haar maats het Sondagoggend vir een van die plaasboere ’n saamrygeleentheid gevra en op die laaibak geklim.

Henrieët Booysen (10) is Sondagoggend buite Worcester dood nadat sy van ’n bakkie afgespring het.

“Sover ons weet, het die kinders glo vir die boer gevra om te stop, maar hy het nie gehoor nie. Die kinders het glo van die bakkie afgespring, waarna Henrieët geval het.”

Die onderwyser sê Henrieët is op die toneel dood, terwyl die anders kinders by haar gewaak en vir die ambulans gewag het.

“Sy het elke dag minstens vyf kilometer skool toe gestap. Sy het goed op skool gevaar en al haar vakke geslaag. Ons is baie hartseer. Haar ouers het gevra ons moet haar rapport raam en vir hulle gee. Henrieët het in die middae haar sussie en boetie opgepas en kos gekook,” sê die onderwyser.

Die skool het in ’n verklaring op Facebook sy medelye met Henrieët se familie betuig en sê die skool hoop dat God vertroosting vir die familie in dié hartseer tyd mag bring.

Kapt. Dyasie Flossi, Worcester-polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag teen die 78-jarige boer.

’n Polisiebron na aan die ondersoek het Maandagoggend aan Netwerk24 gesê vier kinders het Sondagoggend omstreeks 11:15 vir die boer ’n geleentheid van die een plaas na die ander gevra.

“Die boer het glo vir hulle gesê om in die bakkie te klim, maar hulle het agterop gestaan. Hy het glo baie stadig gery, maar twee van die kinders het afgespring voordat hy kon stop. Die meisie is op die toneel dood,” sê die polisiebron.

Die boer het glo die kinders vir 2 km vervoer voordat die voorval plaasgevind het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.