Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leerling (13), 3 vroue sterf in ongeluk op N1

'n Leerling en drie vroue is dood en 11 ander beseer in 'n ongeluk wat Vrydag omstreeks 06:00 op die N1 in die omgewing van Grasmere in Gauteng gebeur het.

'n Minibus het verskeie kere gerol en van die insittendes is uit die voertuig geslinger, lui 'n verklaring deur ER24.

Drie vroue en 'n seun (13), wat in sy skoolklere was, het in die ongeluk omgekom.

Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, is die 11 beseerdes op die toneel behandel en in 'n nabygeleë hospitaal opgeneem. Een persoon is in 'n kritieke toestand.

Die polisie is op die toneel. 

Meer oor:  N1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.