Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leerling (13) verdwyn buite Roodepoort-skool

’n Leerling van die Lanternskool in Roodepoort in Johannesburg word gesoek nadat sy Maandag vermis geraak het.

Kate Mpho Spies (13) van die Lanternskool, ’n remediërende skool vir leergestremde leerlinge vanaf gr. 1 tot 12, moes haar pa buite die skool ontmoet, maar sy was nie daar toe hy by die skool opdaag nie.

Kate Mpho Spies (13) van die Lanternskool in Roodepoort is sedert Maandag vermis. Foto: Missing Children SA

Missing Children SA, wat ’n plakkaat vir Spies uitgereik het, sê sy het ’n swart hemp aangehad en ’n sak met blinkertjies by haar gehad toe sy die laaste keer by die skool gesien is.

“Sy het swart hare, bruin oë en is 1,6 m lank.”

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê Spies se ouers het haar daagliks buite die skool opgelaai, maar sy was nie Maandag daar toe hulle by die skool aankom nie.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het sy kommer oor die verdwyning uitgespreek.

“Dit is regtig kommerwekkend dat ons leerlinge by ons skole geteiken word. Ons wil ’n beroep op die gemeenskap doen om inligting met ons te deel sodat die oortreders vasgetrek kan word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.