Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leerling dood toe sy glo uit taxi spring om te vlug

’n Matriekmeisie is dood nadat sy uit ’n taxi in Germiston aan die Oos-Rand gespring het om na bewering weg te kom van passasiers wat haar wou aanval.

Panyaza LesufiFoto: Argief

Panyaza Lesufi, LUR van die Gautengse departement van onderwys, het Maandag in ’n verklaring bekend gemaak dat nog twee leerlinge benewens dié meisie die naweek dood is. Dit bring die sterftesyfer van leerlinge in die provinsie in een week op sewe te staan.

Die 17-jarige meisie, ’n gr. 12-leerling van die Hoërskool Oos-Rand in Boksburg, het Saterdag uit die bewegende taxi gespring toe sy glo deur ander passasiers aangeval is.

Die skoolhoof en bestuurspersoneel het hul innige meegevoel met die leerling se familie, wat in die Ramaphosa-nedersetting bly, uitgespreek en hul hulp aangebied. Lesufi sê die polisie ondersoek die voorval.

In nog ’n voorval het Lindiwe Golelmin, ’n agtjarige leerling van Durban Deep Primary School in Roodepoort, verdrink ten tyde van die oorstromings in die Princess- informele nedersetting.

Lindiwe het saam met haar sussie ’n rivier naby haar huis op ’n tydelike bruggie oorgesteek toe sy deur die sterk stroom meegesleur is. Haar lyk is Saterdag gevind.

Die departement van onderwys is Vrydagmiddag ook daarvan in kennis gestel dat ’n meisie in gr. 12 van die Fochville Sekondêre Skool deur ’n gr. 8-seun van die Thutokitso Sekondêre Skool doodgesteek is.

Die sterftes kom nadat Lesufi verlede week aangekondig het vier leerlinge is deur die loop van die week in Gauteng dood.

Meer oor:  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.