Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leerling gesteek toe dobbelry in pouse skeefloop

’n Gedobbel in pouse by ’n Kaapse skool het Dinsdag in ’n onderonsie ontaard en ’n gr. 9-leerling is met ’n mes gesteek.

’n Leerling in gr. 8 aan die Rusthof Secondary School in die Strand het glo ’n mes uitgepluk en die ander seun in die bors gesteek. Die slagoffer is in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD), sê hulle is deur die skool ingelig die voorval hou moontlik met dobbel verband.

Shelver sê die slagoffer is glo gesteek toe die gr. 8-leerling sy geld wou terughê nadat hy dit verloor het.

Volgens Shelver sal die skool ingevolge sy gedragskode dissiplinêre stappe doen. ’n Klag is by die Lwandle-polisiekantoor ingedien.

“Ons is natuurlik uiters bekommerd oor die aggressiewe aard van die voorval en dat die leerling ’n mes op die skoolterrein gehad het,” sê sy.

Die slagoffer is glo gesteek toe die gr. 8-leerling sy geld wou terughê nadat hy dit verloor het.

Die leerlinge kry berading en ondersteuning.

Shelver sê skole moet wapenvrye sones bly om ’n veilige leeromgewing te verseker. Dié betrokke skool doen gereeld deursoekings en het tydens pouses altyd onderwysers wat oor die leerlinge toesig hou.

“Die skool vra gereeld vir Gordonsbaai-veiligheids- en polisiebeamptes om pouses te help. Hulle meld ook gereeld voorvalle by die WKOD se program vir veilige skole aan,” sê Shelver.

Volgens haar het die skool duidelik alles in sy vermoë gedoen om veiligheid op sy perseel te bevorder.

Shelver sê die onderwysdepartement het ouers se hulp nodig om hul kinders aan te moedig om van gewelddadige of antisosiale gedrag af te sien.

Meer oor:  Mesaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.