Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leerling verdrink in koshuis se swembad

Die Gautengse onderwysdepartement het hul meegevoel uitgespreek nadat nog ’n leerling die afgelope week verdrink het.

Keamohetswe Shaun Seboko (13), ’n gr. 7-leerling aan die Laerskool Bekker in Magaliesburg, se lewelose liggaam is Woensdagmiddag in die skoolkoshuis se swembad gevind. Hy het na bewering verdrink.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydagmiddag in ’n verklaring gesê die onderwysdepartement is hartseer oor die kind se dood.

’n Gr. 7-leerling aan die Laerskool Bekker, in Magaliesburg, se lyk is Woensdagmiddag in die skoolswembad gekry. Foto: Facebook

Die voorval volg kort nadat nog ’n gr. 8-leerling, Enock Mpianzi van Parktown Boys’ High School in Johannesburg, ook die week tydens ’n oriënteringskamp vermoedelik in ’n rivier verdrink het.

Lesufi sê die inligting oor Keamohetswe se dood is eers laat Vrydagmiddag aan die Gautengse departement van onderwys bekend gemaak.

Owerhede was op die toneel en die oorsaak van Keamohetswe se dood word steeds ondersoek.

“ ’n Beradingspan van die skool is beskikbaar gestel om die leerlinge van die skool met die nodige emosionele steun te help.

“Dié week was ’n aaklige week vir die onderwyssektor.

“Ons deel graag ons innige meegevoel met die familie van die leerlinge. Hulle is in ons gedagtes en gebede in dié hartseer tyd.”

Meer oor:  Laerskool Bekker  |  Magaliesburg  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.