Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Taxigeweld: Leerlinge kan nie by skole uitkom

Minder leerlinge as gewoonlik het gister vir die eerste skooldag by sommige skole in die Wes-Kaap opgedaag weens die taxigeweld en ontwrigting wat tans voorkom.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD), sê in die geheel gesien is hulle tevrede met die begin van die derde kwartaal. 

“Ongelukkig is berigte ontvang van skole waar daar minder leerlinge as normaalweg is weens die taxigeweld en ontwrigting, veral in die stadskom en omliggende gebiede.”

Netwerk24 het ook verneem taxi-operateurs het Dinsdag vir 'n tweede dag geweier dat bussies wat laerskoolleerlinge uit ander voorstede vervoer Kraaifontein binnegaan.

Volgens haar is daar oor die algemeen baie leerlinge in skole in gebiede in die buitewyke van die sakekern ingeskryf en maak baie leerlinge van openbare vervoer gebruik.

“Een taxivereniging wat leerlinge privaat vervoer, het nie vandag gery nie weens dreigemente van geweld. Dit het ’n impak op bywoning gehad. Ons is baie dankbaar dat geen voorvalle van geweld wat leerlinge geraak het, aangemeld is nie.”

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - JULY 22: Soldiers from S
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, polisie en wetstoepassingsowerhede is in Kaapstad ontplooi om ander vervoermiddele te beveilig. Foto: Gallo Images

Die Congress of South African Students Western Cape Province (Cosas) sê in ’n verklaring hy is teleurgesteld oor die uitkoms van onderhandelings tussen die regering en taxiverenigings, wat gelei het tot die sluiting van roetes weens die voortslepende taxigeweld.

LEES OOK: Taxi-krisis: Busse, treine beskikbaar vir pendelaars

Volgens Cosas het hy die taxigeweld veroordeel omdat matrikulante nie in die vakansie hul winterskoolklasse kon bywoon nie, en boonop kon leerlinge van townships nie die eerste skooldag bywoon nie.  

Cosas sê baie leerlinge het nie gister skool toe gegaan nie omdat hulle bang is vir wat onderweg met hulle kan gebeur of omdat hulle glad nie vervoer het nie. Baie leerlinge maak staat op minibustaxi’s en skoolvervoer en geen daarvan was in sommige townships in Kaapstad beskikbaar nie. 

Cosas doen ’n beroep op die aanhitsers om die geweld te beëindig omdat leerlinge se skoolwerk daaronder ly en hulle reeds te veel tyd ingeboet het.

Volgens Cosas moes die regering burgerlike organisasies en gemeenskapstrukture by die onderhandelings betrek het omdat pendelaars se stemme gehoor moet word.

Cosas vra ook dat wetstoepassingsagentskappe hul sigbaarheid verhoog om kalmte op paaie en in gemeenskappe te herstel.  

Volgens Hammond kan leerlinge wat deel is van die skoolvoedingsprogram steeds maaltye by hul skole gaan afhaal, ongeag of hul graadgroep op ’n betrokke dag skool bywoon of nie.

Hammond sê die WKOD is besig om verslae te bekom van skole waar inbrake of vandalisme in die skoolvakansie voorgekom het. ’n Hele aantal verslae is al bekom en meer inligting sal later vandeesweek bekend gemaak word. 

Die WKOD het ook sy skok uitgespreek oor ’n voorval waarin ’n veiligheidswag Sondagaand dood is nadat hy by ’n skool in die sentrale metrogebied aangeval is. Hy het glo vandale gekonfronteer.

Die saak is by die polisie aangemeld en word ondersoek.

Cosas het die departement van gesondheid en die van basiese onderwys tien werkdae gegee om ’n duidelike inentingsplan vir leerlinge te verskaf. 

Meer oor:  Leerders  |  Inenting  |  Skole Heropen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.