Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leerlinge, ouers betoog oor ‘79 kinders in ’n klas’

Honderde leerlinge van ’n skool in Bloekombos betoog sedert Woensdag weens oorvol klaskamers.

Ouers en leerlinge van die Bloekombos Secondary School in Kraaifontein, Kaapstad, het Woensdag die skool se hekke gesluit.

Ntombi Goniwe, skoolhoof, sê daar is minstens 79 leerlinge in ’n klas en hulle eis dat die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) ’n nuwe skool bou om die druk te verlig.

“Die leerproses kom in die gedrang as daar soveel kinders in ’n klas is. Die onderwyser kan dit nie alleen behartig nie,” het die hoof volgens News24 gesê.

Goniwe sê dat sy die ouers se frustrasie verstaan omdat die skool gebou is om 1 200 leerlinge te huisves, terwyl daar 2 113 leerlinge by die skool ingeskryf is.

Jessica Shelver, woordvoerder van die WKOD, sê die skool is verlede jaar gewaarsku om nie meer leerlinge te aanvaar nie omdat die skool vol is.

“Die beheerliggaam en die skoolhoof het dié instruksie blatant geïgnoreer en meer kinders by die skool aanvaar. “Hulle dring nou op ’n nuwe skool aan, maar ons is nie in ’n posisie om hulle te help nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.