Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leeu-aanval: Eienaar ‘baie ontsteld’ oor dood van Shamba

Die eienaar van die Marakele-roofdiersentrum buite Thabazimbi in Limpopo wat Saterdag deur een van sy eie leeus aangeval is, is "baie ontsteld" oor wat gebeur het.

Mike Hodge (72), eienaar van die sentrum, word steeds in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg behandel.

Mike Hodge in die hospitaal.

Bernadette Macguire, woordvoerder van Hodge, sê hy is "baie ontsteld oor die verlies van sy geliefde Shamba".

Die leeu is ná die voorval doodgeskiet.

Shamba was ’n tienjarige leeumannetjie wat Hodge van kleins af met ’n bottel grootgemaak het.

Die dier het hom Saterdag bespring toe hy in die leeukamp ingestap het. Toeriste agterop die wildbesigtigingsvoertuig wat met traliewerk toegebou is, het gesien wat gebeur.

’n Video van die voorval het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei en daar is selfs in die Britse koerant The Guardian oor die voorval berig.

Hodge is oorspronklik van Engeland en het in 2003 met die leeuprojek buite Thabazimbi begin.

Sy kakebeen is gebreek en hy het wonde aan sy nek opgedoen. Macguire sê Hodge se toestand verbeter by die dag.

"Hy vorder elke dag en die dokters is positief oor sy toestand."

Macguire sê Hodge is nog te ontsteld oor die dood van Shamba om nou oor die voorval te praat.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, sê die polisie het nie enige verklarings ná die voorval afgeneem nie. Hy het alle navrae na die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake in Limpopo verwys.

Meer oor:  Mike Hodge  |  Thabazimbi  |  Limpopo  |  Leeuaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.