Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leeu-aanval: Klagte teen plaaseienaars ingedien

Die Weltevrede-leeuplaas buite Heilbron in die Vrystaat, waar ’n kleuter onlangs ernstig in ’n leeuaanval beseer is, word nou deur minstens een hofsaak in die gesig gestaar.

Prinses van die Weltevrede-leeuplaas by Heilbron, wat verlede Sondag glo na ’n kleuter gekap het, wat daarna met ernstige kopbeserings in ’n hospitaal opgeneem is. Foto: Verskaf

Riaan Ahrens van Van Wyk en Preller-prokureurs se kliënt is glo in Desember verlede jaar ook hier deur ’n leeu deur die heining aangeval.

Paul van Vuuren, sy kliënt, het toe Januarie reeds ’n klag vir nalatige bestuur ingedien.

Hy het ná ses maande steeds sepsis in sy arm en het nie sy gesondheidstoets geslaag om verder as ’n arbeider op ’n plaas in Amerika te werk nie.

Die elektriese heining wat die leeus moet afweer, was toe en is volgens Ahrens steeds buite werking.

Nico Roets, een van die eienaars van die leeuplaas, sê daar was ’n voorval in Desember toe ’n man onwettig deur twee heinings is om “selfies saam met die leeus” te neem.

“Ek wens die media wil ons uitlos, ons harte is gebreek oor die dogtertjie.”

Dinamari de Beer (4) het ’n skedelbreuk en bloeding op die brein opgedoen en sover verneem word, is sy steeds in ’n geïnduseerde koma in die Netcare Union-hospitaal in Alberton se waakeenheid.

Intussen het die Endangered Wildlife Trust (EWT) sy skok oor die voorval uitgespreek.

Ahrens sê weens die feit dat altesaam vier soortgelyke voorvalle die afgelope ses maande plaasgevind het, is dit duidelik die skuld kan nie elke keer op besoekers geplaas word nie.

Volgens Rapport het die bestuurder van die leeuplaas gesê die departement van natuurbewaring het Dinsdag die plaas geïnspekteer en niks fout gevind nie.

Intussen het die Endangered Wildlife Trust (EWT) sy skok oor die voorval uitgespreek.

Die organisasie probeer glo reeds meer as ’n dekade om ’n einde aan besoekers se regstreekse interaksie met leeuwelpies te bring.

Ashleigh Dore, verbonde aan die EWT, sê hulle het al in ’n ope brief Edna Molewa, ontslape minister van omgewingsake, versoek dat dié soort toeriste-aantreklikhede gestaak word.

Tussen 1996 en 2018 is minstens 40 mense by dié soort plekke beseer of dood, sê sy.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ook onlangs aangedui dat hulle die Weltevrede-leeuplaas wil ondersoek.

Meer oor:  Vrystaat  |  Leeu-Aanval  |  Leeu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.