Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leeu-aanval: ‘Ons vat dit uur vir uur’

Dinamari de Beer (4), die kleuter wat Sondag deur ’n leeuwyfie in die Weltevrede-leeupark naby Heilbron in die Vrystaat aangeval is, se wonde is Dinsdag skoongemaak en daar is nog nie tekens van infeksie nie.

Sy word steeds in die waakeenheid van die Netcare Unie-hospitaal in Alberton behandel.

Ansia en Pieter de Beer.

Pieter de Beer, haar pa, sê hulle “vat dit uur vir uur”.

Haar vel kon nog nie geheg word nie omdat daar ’n risiko vir sepsis is aangesien die leeu se kloue haar vel deurboor het.

Volgens ’n ander familielid wat anoniem wil bly ontvang sy tans buisvoeding en was sy terug in die teater sodat haar wonde skoongemaak kon word.

Die hele gesin is steeds getraumatiseerd ná die voorval Sondag toe ’n tweejarige leeuwyfie (bekend as Prinses) De Beer en sy dogter deur ’n heining gegryp en gekap het.

Dinamari het skedelbreuk en bloeding op die brein opgedoen.

Een van die jong leeus op die Weltevrede-leeuplaas buite Heilbron.

Haar kopvel is ook afgeruk. ’n Gedeelte van haar skedel moes verwyder word om die drukking op die brein te verlig.

Haar pa het verskeie kapwonde op sy rug, nek en bors opgedoen.

Nóg die Dierebeskermingsvereniging, nóg die Vrystaatse departement van ekonomiese ontwikkeling, kleinsake, toerisme en omgewingsbewaring dra kennis van die voorval en beplan om Woensdag verklarings uit te reik.

’n Man is verlede Woensdag ook deur ’n leeu op die Weltevrede-leeuplaas aangeval, maar het glo net geringe skrape opgedoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.