Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Man wat doodgebyt is, was 'baie, baie lief vir dié leeus'
 Leon van Bijlon
Leon van Bijlon is Dinsdag deur 'n leeu in die Mahala View Lodge doodgebyt. Foto: Facebook: Mahala View Lodge/Facebook

’n Man is dood nadat ’n leeu hom Dinsdag by die Mahala View-lodge in die Cullinan-omgewing, oos van Pretoria, aangeval het. 

Die 70-jarige slagoffer, Leon van Biljon, het opvoedkundige praatjies oor leeus gegee. 

Xander Loubser van die Ambu-Link-ambulansdiens sê 'n ambulans is na die toneel ontbied.

Van Biljon was reeds dood toe paramedici op die toneel opdaag en drie leeus was toe reeds van kant gemaak. Die polisie is ook op die toneel.

Van Biljon word op sosiale media beskryf as iemand met 'n passie vir leeus en met 'n groot insig in die diere se gedrag. Hy het gereeld opvoedkundige lesings oor leeus aangebied.

Maxi en Hein Pretorius het Van Biljon sowat 35 jaar lank geken. Hulle het Dinsdagmiddag gesê dat die drie leeus in die Mahala View Lion Lodge soos sy kinders was. 

"Hy het hulle as welpies grootgemaak. Sover ons weet van wat hy vertel het, het 'n Amerikaanse vrou die welpies destyds gekoop en Leon sou na hulle kyk en hulle grootmaak," sê die Pretorius-egpaar.  

"Hy het die permitte gekry en soms selfs saam met die leeus geslaap. Die vrou sou soms kom kuier. Ons weet nie of die Amerikaanse vrou nog die eienaar is en of Leon later die leeus oorgeneem het nie. Ons weet wel hy was baie, baie lief vir daardie leeus."

Volgens hulle was Van Biljon jare gelede die eienaar van Mahala, maar hy het dit later verkoop. Hy het egter steeds daar aangebly juis om na die leeus om te sien.

reservaat
Die toegangshek na die reservaat is Dinsdagmiddag gesluit. Foto: Deaan Vivier
mahala
Op die pad na die Mahala View Lodge. Foto: Deaan Vivier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.