Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leeuprooi wás toe ’n stroper

Die man wat verlede week deur ’n leeu of ’n trop leeus buite Hoedspruit in Limpopo verskeur is, wás ’n berugte renosterstroper van Mosambiek.

Die polisie het aanvanklik vermoed dit was ’n plaaswerker.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die oorskot, waaronder die kop van die man, is deur sy suster as David Baloyi (50) geïdentifiseer. Hy is van Massingir in die Mavundza-gebied in Mosambiek.

Hy en twee van sy makkers was Vrydag op ’n private wildplaas in die Hoedspruit-omgewing toe leeus hulle bestorm het.

Volgens Ngoepe het twee van die mans weggehardloop.

’n Jaggeweer en ammunisie is gevind naby die plek waar Baloyi verskeur is.

Intussen het Baloyi se suster, wat in die Humulani-nedersetting in Lulekani buite Phalaborwa woon, van haar familie in Mosambiek gehoor dat haar broer dalk die man is wat deur die leeus verskeur is.

Baloyi se familie het oor die radio gehoor van die voorval en sy twee makkers het hulle ook vertel wat gebeur het.

Ngoepe sê die suster, wie se identiteit weens veiligheidsredes weerhou word, is na die Hoedspruit-polisiekantoor.

Sy is Dinsdag saam met polisielede na die lykshuis by die Maphutha Malatji-hospitaal in Namakgale buite Phalaborwa waar sy haar broer se oorskot uitgeken het.

Ngoepe sê dit is nie duidelik of Baloyi en sy twee makkers ’n renoster gestroop het voordat die leeus hulle bestorm het nie.

’n Jaggeweer en ammunisie is gevind naby die plek waar Baloyi verskeur is.

Meer oor:  Mosambiek  |  Limpopo  |  Hoedspruit  |  Renosterstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.