Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leeus vreet stroper op

Die man wat onlangs op ’n wildplaas naby Hoedspruit deur leeus opgevreet is, was nie ’n werker, soos aanvanklik vermoed is nie, maar ’n stroper.

Daar is aanvanklik vermoed dat die man wat deur die leeus aangeval is nadat sy trekker gaan staan het, besig was om uit die kamp te stap toe hy getakel is.

Maar, sê lt.kol Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, hulle het snuf in die neus gekry toe hulle die grusame toneel opruim en op ’n geweer en ammunisie afgekom het.

Netwerk24 het Saterdag berig dat ’n man Vrydag deur leeus opgevreet is nadat die trekker waarop hy was, gaan staan het.

Daar is later vasgestel dat die trekkerbestuurder ongeskonde is toe hy die volgende dag by die werk opgedaag en vertel het hoe sy trekker onklaar geraak het.

Hy het toe maar huis toe gestap omdat dit laat was.

Ngoepe sê terwyl hulle besig was met hul ondersoek op die toneel, het hulle menslike weefsel en die slagoffer se kop in die bosse gekry.

“Toe ons op die geweer afkom, het ons besef die slaogoffer is inderdaad ’n stroper wat onwettig op die plaas kom jag het.”

Ngoepe sê hulle weet in dié stadium nie wie die slagoffer was nie. Hy vra mense wat die oorledene kan identifiseer om na die polisie in Hoedspruit te gaan.

Meer oor:  Hoedspruit  |  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.