Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Legende van atletiek sterf in Stellenbosch
Wium (Mossie) Mostert (90), die atletieklegende van Stellenbosch.

Wium (Mossie) Mostert, atletieklegende van Stellenbosch, is Dinsdag ná dood nadat hy slegs vir ’n kort tyd siek was.

Mostert (90) se dogter, Gerna Croeser, sê haar pa is verlede week in die Mediclinic Stellenbosch opgeneem en hy is Dinsdag net ná 17:00 in die hospitaal dood.

“My pa was nog so aktief op sy ou dag, hy het op 88 steeds atlete afgerig en toe hy daarmee ophou het hy rolbal gespeel.”

Croeser sê haar pa was veral bekend vir sy werk met die destydse wêreldkampioen John van Reenen.

Van Reenen het in 1975 amptelik die wêreldrekord in diskus verpletter. Hy is verlede jaar dood.

“John van Reenen was maar een van sy wêreldklasatlete en teenoor elkeen het hy dieselfde toewyding en passie aan die dag gelê. Daar was ’n hele paar juniors wat onder die toptien was in hul ouderdomsgroepe,” sê sy.

Mostert het in 1974 die atletiekafrigter by Maties geword.

Emiritusprofessor Pieter Labuschagne, politieke kenner van Unisa wat destyds eers vir Zola Budd en toe Elana Meyer in Stellenbosch afgerig het, het aan Sarel van der Walt gesê Mostert was ’n “fantastiese mens”.

“Van al die afrigters waarmee ek te doene gekry het, was hy seker die een wat die naaste aan my was. Hy was ’n mensemens met ’n besondere liefde vir atletiek,” sê Labuschagne.

Eben Human, oudatletiekskrywer van Die Burger, sê as hoofafrigter van die Maties het Mostert ’n sleutelrol in die goue jare van Matie-atletiek gespeel.

“Ondanks internasionale isolasie het atletiek op Stellenbosch tussen 1970 en 1990 floreer. Met sy agtergrond as onderwyser was Mostert egter veel meer as net ’n afrigter – hy was by uitstek ook ’n opvoeder. Daar is baie atlete wat vandag sal kan getuig van die groot invloed wat hy op hul lewe gehad het.”

Volgens Human was die afrigting van Van Reenen seker die grootste uitdaging in Mostert se afrigtingsloopbaan.

“Dit moes baie takt en deursettingsvermoë gekos het om die saggeaarde reus tot ’n wêreldrekord in die diskusgooi te dryf – seker die grootste oomblik in die geskiedenis van die Coetzenburgbaan. Oom Mossie se geesdrif vir atletiek het geen einde geken nie. Sy persoonlike opofferinge was eindeloos – hy het so baie vir sy medemens gegee.”

Mostert word deur sy vrou, Johmine, en vier kinders, Gerna en drie seuns, Wilhelm, Wium en Herman, oorleef.

Wium Mostert saam met sy familie.
Elna Hanekom (links) en Emily Pienaar by Wium (Mossie) Mostert (90).
Meer oor:  Pieter Labuschagne  |  John Van Reenen  |  Atletiek  |  Legende
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.