Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lekplek lei tot waterkrisis in Bfn

’n Lekplek aan die hoofpypleiding het gelei tot die probleme wat veral die suide van Bloemfontein met water ondervind.

Sekere woonbuurte daar, asook Dewetsdorp en Wepener, sit nou sonder water.

Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die Mangaung-metro, sê die lekplek is tussen die De Hoek- en Uitkyk-reservoir. Dit moet dadelik herstel word om te keer dat die pyp bars.

Hy sê die bedryfs-en-onderhoudspan van Bloemwater het die lekplek ontdek en het Maandagaand om 23:00 hieraan begin werk.

“Die herstelwerk sal 36 uur duur en behoort op Woensdagaand 20 November voltooi te wees.”

Rossouw Botes, DA-raadslid, sê hy het verskeie oproepe gemaak om te probeer uitvind hoekom Pellissier en ander dele in die suide van Bloemfontein sedert Maandag nie water het nie.

“Van Maandag 12:00 af was huishoudings in Pellissier sonder water, terwyl inwoners van Universitas en Universitas-Rif ook sedert Maandag swak waterdruk ervaar het.”

Hy het uitgevind dat ’n klep nie heeltemal oop is nie, wat meegebring het dat sekere dele van Bloemfontein aan die suidekant nie water gekry het nie of swak waterdruk gehad het.

Hy het Dinsdagoggend self by die Hamiltonpomp-stasie gaan kyk wat die vlak van die Brandkop-reservoir is. Dit het op 42% gestaan.

“Dit was duidelik dat daar genoeg water is om vir al die gebiede wat sonder water is, water te kon lewer.”

Ingevolge ’n ooreenkoms tussen Bloemwater en Mangaung moet daar in sulke tye minstens 48 uur se opgebergde water wees.

“Met die toedraai van die klep lyk dit asof hulle watervoorrade wou rek om by die 48 uur te kon uitkom.”

Hy sê hy het onmiddellik met amptenare by die metro geskakel.

Hulle was met Bloemwater in verbinding en hy is in kennis gestel dat ’n ooreenkoms bereik is om Dinsdagaand van 18:00 tot 22:00 water beskikbaar te stel.

Meer oor:  Mangaung-Metro  |  Bloemwater  |  Bloemfontein  |  Dewetsdorp  |  Wepener  |  Waterkrisis  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.