Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leraar wil hom ‘op keiser beroep’ oor vrou in amp

’n Gereformeerde predikant sal dit sterk oorweeg om hom “op die keiser te beroep” as die sinode nie met konkrete bewyse vorendag kom dat die vorige sinodebesluite teen die vrou in die amp op die Bybel gegrond is nie.

Dit volg nadat die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se algemene sinode, wat in Potchefstroom plaasvind, die gemeentes Noordrand, Klerksdorp en Wapadrant se beswaarskrif as “nie-ontvanklik” afgeskiet het, wat beteken die beswaarskrif word nie verder deur die sinode oorweeg of bespreek nie.

“Die gemeentes se hoofbeswaar is dat daar nie Skrifgronde gegee is wat die besluit van die sinode in 2009 (teen die vrou in die amp) motiveer nie,” sê ds. Frederik Dreyer van die Gereformeerde kerk Noordrand.

“Om ons ‘op die keiser te beroep’ beteken nie ons vat die saak hof toe nie, maar ons gaan moontlik regsopsies oorweeg om die waarheid te vind en reg en geregtigheid te laat geskied,” sê Dreyer.

“Ons groot probleem is dat gemeentes al by herhaling die sinode vir die Skrifgronde vir die 2009-besluit gevra het, maar hulle wil nie hoor nie.”

Dr. Malan van Rhyn, wat die kommissie se rapport voorgehou het, het by herhaling gesê '(die bewering) dat ons besluite nie Skrifgegrond is nie, is ’n ou saak met ’n nuwe naam'.

Hy sê die notule van die 2009-besluit bevat net die stelling dat die vrou nie in die amp toegelaat word nie, sonder genoegsame motivering.

“As dit so ’n holruggeryde saak is, hoekom ontstel dit so baie broers?” het Dreyer vroeër aan die sinode gevra.

“Ons moet eerlik wees oor die 2009-besluit. Dis duidelik dat die rapport (die kommissie se verslag dat die beswaarskrif nie-ontvanklik is) selektief gedoen is.

“Die kommissie se rapport kon nie wys dat die besluit in 2009 op Skrifgronde gemaak is nie. Hulle kon my ook nie wys dat dit nié op grond van die Skrif gemaak is nie. ’n Tekort aan Skrifgronde vir ’n besluit sal tot individuele besluitneming lei,” het Dreyer aan die sinode gesê.

Dr. Malan van Rhyn, wat die kommissie se rapport voorgehou het, het by herhaling gesê “(die bewering) dat ons besluite nie Skrifgegrond is nie, is ’n ou saak met ’n nuwe naam”. Hy het benadruk dat daar wel Skrifgronde is.

Dreyer se versoek vir konkrete bewyse hiervoor is egter nie beantwoord nie.

As daar nie objektiwiteit was nie, sou dit in die vergadering uitgekom het.
Dr. Douw Breed

Van Rhyn het gesê Dreyer “het so lank gepraat” dat hy “onmoontlik op alles kon antwoord”.

“Hulle (die kommissie) werk met bewerings, nie bewyse nie,” sê Dreyer.

“Die hartseerste is dat die sinode nie eens die beswaardes wou aanhoor nie.

“Die ander probleem is dat die voorsitter (dr. Douw Breed) insette gegee het teen die ontvanklikheid van die beswaarskrif. Dit sal darem hartseer wees as die voorsitter as die ou bekend staan wat alles gedoen het om te keer dat die vrou dien,” sê Dreyer.

Breed, wat deel is van die klassis Oostelike Pretoria, sê dié klassis het die beswaarskrif vooraf ontvang en bestudeer. “Ek het inderdaad toe die klassis se insette aan Malan van Rhyn gegee, maar dit was raad. Enigeen kan insette lewer.” Breed benadruk die insette is nie vanuit die voorsitterstoel gelewer nie.

“As daar nie objektiwiteit was nie, sou dit in die vergadering uitgekom het,” meen hy.

“Ek glo dis net frustrasie omdat ’n broeder voel hy’s voor dooiemansdeur oor die saak van die vrou in die amp,” sê ds. Cassie Aucamp, die sinode se woordvoerder. “Objektiewe raad van buite kan egter nie kwaad doen nie."

Meer oor:  Potchefstroom  |  Bybel  |  Vrou  |  Sinode
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.