Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Leser ‘uit haar vel’ oor haar Kia Picanto

‘Ek weet nie of ek moet lag of huil nie. Ek kan uit my vel spring,” sê Estelle van der Westhuizen van Croydon in Kempton Park, wat gistermiddag ’n Kia Picanto Street 1.0 van R161 995 ryker geword het.

“Dit is so onwerklik dat ek gewen het.”

Estelle van der Westhuizen

Van der Westhuizen is gister in Spitstyd op RSG as die wenner van die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek se kompetisie aangekondig waarin die motor op die spel was.

Van der Westhuizen sê sy skenk elke jaar geld aan die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek.

“Vanjaar het ek so vier keer geskenk. Dit is vir my belangrik om te gee, veral as dit by kinders kom wat onskuldig is. Met R50 kan jy ’n verskil maak in die lewe van die kinders wat in nood is.”

Van der Westhuizen sê dit is die eerste keer dat sy ’n kompetisie wen.

Sy gaan die motor aan haar dogter, Angelique, wat vanjaar in matriek is, gee. “Sy gaan baie opgewonde oor haar geskenk wees. Ironies genoeg het sy ook vandag vir haar eerste bestuursles gegaan.”

Adrie van Staden, hoof van die Beeld-Kinderfonds, sê die doel met die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek is om geld in te samel vir die Beeld-Kinderfonds.

“Die Beeld-Kinderfonds ondersteun verskeie ontwikkelingsprogramme waardeur kinders opgehef, versorg en ontwikkel word sodat hulle ’n kans op ’n beter toekoms het.”

Die projek is in die afgelope vyf maande aangebied.

Skenkers kon op verskeie maniere aan die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek deelneem. Mense kon geld skenk deur kaartjies te koop, SMS’e te stuur of deur bank- en SnapScan-betalings inskryf.

Die totale bedrag wat ingesamel is, is nagenoeg R610 000.

Sowat 40 welsynorganisasies het 10 145 kaartjies verkoop. Lesers en RSG-luisteraars het 9 165 SMS’e gestuur, 678 bankinbetalings gedoen en 250 het deur SnapScan geld aan die projek geskenk.

Ander wenners is Theuns Taljaard, wat ’n wegbreeknaweek by Badplaas, ’n Forever Resorts-oord, wen.

Le Roux Botha, Tshipi Dlamini, PJ Schutte en Hilda Green het elk R2 500 kontant gewen.

Van Staden het ook haar dank teenoor Kia Motors Suid-Afrika, wat die Kia Picanto geskenk het, betuig.

“Groot dank gaan ook aan Beeld en RSG 100-104fm, wat ons mediavennote is en uitstekende publisiteit aan die projek gegee het.

“Dit het ons in staat gestel om weer dié wonderlike geldinsamelingsprojek te kon aanbied.

“Baie dankie aan elkeen wat ’n bydrae gelewer het. Sonder die goeie gesindheid van al die mense kan die Beeld-Kinderfonds nie bestaan nie.

“Ons is baie dankbaar daarvoor en hoop dat diegene wat nog nie iets gegee het nie tog voor 29 Februarie 2020 ’n bydrae sal lewer. Jy het die mag om ’n kind te laat lag.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.