Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lesers groet papierkoerant: ‘Dis aaklig en hartseer’

Om Volksblad as papierkoerant te groet is aaklig en hartseer. Maar mag sy vlerke sprei en die volgende vlug baie suksesvol wees.

Louis Bothma, skrywer en navorser van Bloemfontein, wys die voorblad van Volksblad wat hom die naaste aan die hart lê – die Volksblad van 14 Desember 2009. “Wyle Nols Nieman het nog met my die onderhoud gevoer. Dit was oor hoe ek en Rina Jooste die krygsgevangene Johan van der Mescht en die ‘terroris’ Danger Ashipala by die watergat in Ovamboland (waar Danger Johan op 19 Februarie 1978 gevang het) versoen het.”

Só sê Karen van der Berg van Petrusburg, ’n gewese joernalis van Volksblad, oor die nuus dat die laaste gedrukte uitgawe Saterdag in bykans ’n eeu as dagblad te koop sal wees.

Volksblad betree ’n nuwe era en ek sien uit om dit te beleef. Ek weet wat in die redaksie en bestuur steek, dit gaan fenomenaal wees.”

Harold Verster, uitvoerende hoof van Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk en ’n groot Volksblad-leser, sê die nuus dat die papierkoerant Saterdag vir altyd groet, is vir hom ’n swaar slag.

“Ai, ek sal die gedrukte Volksblad erg mis. Dis dan deel van ons kultuur, van elke dag se bestaan, deel van ons DNS. Ons het begrip vir veranderinge, maar dit is baie sleg vir my om sonder ons Volksblad die dag te begin. Dit gaan ’n leemte laat wat my rigtingloos en ankerloos gaan laat. Vaarwel, vriend!”

Die skrywer Louis Bothma van Bloemfontein sê hy het ’n hele Volksblad-knipselversameling.

“Ek het heelwat Volksblaaie oor belangrike gebeurtenisse in totaliteit gebêre. Moeilik om een spesifieke uitgawe uit te sonder. Ek kies dus maar om suiwer persoonlike redes die Volksblad van 14 Desember 2009.”

“Wyle Nols Nieman het nog met my die onderhoud gevoer. Dit was oor hoe ek en Rina Jooste die krygsgevangene Johan van der Mescht en die ‘terroris’ Danger Ashipala by die watergat in Ovamboland (waar Danger Johan op 19 Februarie 1978 gevang het) versoen het. Danger is ’n paar maande later oorlede.”

Volksblad betree ’n nuwe era en ek sien uit om dit te beleef. Ek weet wat in die redaksie en bestuur steek, dit gaan fenomenaal wees.

Gerda Niemann, ’n radio-omroeper van Bloemfontein, sê sy het oor die jare heen ’n persoonlike band met die koerantverkopers in die stad opgebou.

“Daar is soveel verkopers wat ’n mens leer ken het – wat ek baie dae bewonder het oor die entoesiasme waarmee hulle in die wind en weer hul werk gedoen het. Ons het mekaar leer ken sonder dat een iets van die ander weet – jy waai glimlaggend vir mekaar in die verbyry. Ek wens ek kon ’n erewag of iets gaan staan vir elkeen vir wie Saterdag sy laaste dag as verkoper gaan wees.”

Elsje du Toit, oudjoernalis wat nou in Ierland woon, sê haar tyd by Volksblad is “waar ek regtig geleer het dat almal ’n plekkie onder die son het en dat ons meer na mekaar moet luister eerder as om te dink hoe om te reageer op dit wat die persoon vir jou sê”.

“Dis hartseer dat Volksblad nie meer gedruk gaan word nie, maar ten minste bestaan hy steeds voort. Ek verslind steeds elke woord daarvan hier in Ierland.”

So, ek doen nou die aanlyn ding. Dis my nuwe opwindende speelgoed. Het jou gelees vanoggend soos in die verlede.

Michris Janse van Rensburg, ’n boer van Bultfontein, sê hy gaan Vrydag spesiaal dorp toe ry om die laaste Volksblad te koop.

Kobus Venter, hoof van Helpende Hand in die Vrystaat, sê sy verbintenis met Volksblad het begin toe hy in die tagtigerjare ná skool ’n koerantverkopertjie in Clocolan se strate was. “Toe leser, en later intekenaar. Dit voel steeds onwerklik . . .”

Sonja van Wyk van Excelsior skryf: “My grootste seer – my dogter Odette se dood op 21 November 2018 – is so mooi deur julle hanteer dat ek altyd ’n spesiale plekkie vir Volksblad se mense sal hê.”

Zorada Hatting sê haar laaste koerant is verlede Vrydag afgelewer. “So, ek doen nou die aanlyn ding. Dis my nuwe opwindende speelgoed. Het jou gelees vanoggend soos in die verlede.”

  • ’n Spesiale gedenkbylae oor Volksblad verskyn Vrydag in die koerant. Saterdag is die laaste gedrukte koerant en ook die laaste dag wat Volksblad op ’n Saterdag sal verskyn.
  • Lesers sal Volksblad voortaan op Netwerk24 in webformaat kan lees (met al die berigte onder mekaar) deur op Volksblad te klik, of as e-koerant wat nes die papierkoerant lyk deur op e-publikasies te klik. Gaan na www.netwerk24.com om teen R99 per maand in te teken.
Meer oor:  Volksbladgedenkbylae  |  Volksblad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.