Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lesotho-grensposte: Nuwe wetgewing gou in plek
Suid-Afrikaners wat in Lesotho wil rondreis, sal hulle moet vergewis van die nuwe wetgewing rakende nodige dokumentasie by die grensposte wat van 1 September af geld. Foto: Thys Meyers

’n Paspoort in die gatsak sal een van die dae nie meer voldoende wees vir Suid-Afrikaners wat met hul voertuie in Lesotho wil rondrits nie.

Nuwe reëls rakende noodsaaklike dokumentasie tree op 1 September by die grensposte tussen die twee lande in werking. Ingevolge die reëls moet elke voertuigeienaar nou ’n gesertifiseerde afskrif van hul registrasiedokumente, identiteitskaart én paspoort by hulle hê.

Dié nuwe vereistes kom omdat daar so baie voertuie by die grensposte geskut word.

Veral Suid-Afrikaanse sakemanne wat hul voertuie in Lesotho registreer, word enorme boetes opgelê, want die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sien dit as voertuie wat uitgevoer word.

Dieselfde reëls sal Lesotho-burgers geld as hulle met ’n voertuig wat in Lesotho geregistreer is Suid-Afrika toe kom.

Lee Dutton, uitvoerende direkteur van die International Vehicle Identification Desk Southern Africa, sê ’n beëdigde verklaring is ook noodsaaklik as die voertuig nie aan jou behoort nie, asook gesertifiseerde afskrifte van die eienaar se identiteitskaart en paspoort. “Die verklarings kan net by polisiekantore bekom word.”

Ek kan nie sien hoe ’n dokument wat jy net sowel skelm van die internet aflaai en laat onderteken die krisis gaan oplos nie.

Hy is egter sinies oor die nuwe reël. “Ek kan nie sien hoe ’n dokument wat jy net sowel skelm van die internet aflaai en laat onderteken die krisis gaan oplos nie.”

Hy meen mense wat onwettig voertuie van Lesotho af na Suid-Afrika bring, sal dit steeds regkry.

Die getal onwettige voertuie (ongeveer 17 000 op enige gegewe tydstip in Suid-Afrika) is meer as ooit, sê hy.

Volgens hom is die nuwe wetgewing moontlik die SAID se manier om die situasie te beheer.

“Die outomatiese toestemming wat bestuurders van Lesotho af by die grenspos kry, geld slegs 30 dae.”

Nog ’n kwessie in Lesotho is die vervaardiging van nommerplate vir geregistreerde voertuie. Anders as in Suid-Afrika, verskaf Lesotho se regering nommerplate.

“Die regering kon glo maande reeds nie die mense wat die nommerplate vervaardig, betaal nie.”

Volgens hom speel dieselfde situasie hom af in Zimbabwe.

Die Lesotho Roads Authority wou egter nie kommentaar lewer op die bogenoemde stelling oor nommerplate nie.

Meer oor:  Said
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.