Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
LFN gee nou ‘permit’ teen regulasies

’n “Permit” om die staat van inperking “wettiglik” te ignoreer, is nou beskikbaar.

Die Liberty Fighters Network (LFN), wat opslae gemaak het met sy hofaansoek wat daartoe gelei het dat die regering se inperkingsregulasies ongeldig verklaar is, het Maandag so ’n “permit” aan sy lede beskikbaar gestel sodat hulle nou die regulasies kan ignoreer.

Volgens Reyno de Beer, LFN-president, is dié besluit uit protes geneem teen die regering se volgehoue weiering om te aanvaar dat die regulasies nou ongeldig is.

Reyno de Beer (links), LFN-president, verlede week in die hooggeregshof in Pretoria gedurende dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se aansoek om verlof tot appèl. Foto: Isabel Venter

Regter Norman Davis het vroeg in Junie in die hooggeregshof in Pretoria onder meer bevind dat die verklaring van ’n staat van inperking in reaksie op die Covid-19-pandemie rasioneel was, maar die promulgering van die regulasies vir vlak 4 en vlak 3 van die inperking was egter nié, omdat dit nie rasioneel verbind kan word met die doelwitte om die infeksiekoers of die verspreiding van die koronavirus te vertraag nie.

Volgens De Beer is dit slegs die verkoop van tabakprodukte, die opening van casino’s en nagklubs, reis oor provinsiale grense, die opskorting van inisiasieseremonies en uitsettings wat nie ingesluit is by Davis se bevel nie.

Die regering is 14 werkdae gegun om die regulasies te hersien, aan te pas of heeltemal te verander.

Derhalwe is die regulasies vanaf 24 Junie nie meer geldig nie, voer De Beer aan in ’n verklaring.

Totdat daar nie nuwe regulasies afgekondig word nie, of die huidige regulasies nie opgeskort word nie, is dit bindend en moet mense daarvolgens optree.

Dit ten spyte daarvan dat die hooggeregshof in Pretoria nog uitspraak moet gee in dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se aansoek om verlof tot appèl teen Davis se uitspraak. Hierdie aansoek is verlede week aangehoor.

Die sogenaamde nuwe regulasies wat op 25 Junie afgekondig is, is ook ongeldig, meen De Beer. “Dit is onmoontlik om iets te wysig wat nie meer bestaan nie.”

Die LFN se permit is om wetstoepasser in te lig dat die houer daarvan onder die verstandhouding is dat die inperking ongeldig is en dat die regulasies daarom nie meer op die houer van toepassing is nie.

Die houer van ’n permit wat dan in hegtenis geneem word, sal geag word as ’n politieke gevangene en ’n klag sal ingedien word by die Verenigde Nasies, voer De Beer aan.

Maar volgens Megan Harrington-Johnson van HJW Prokureurs in Sandton plaas die LFN se permit mense onder ’n vals indruk.

“Totdat daar nie nuwe regulasies afgekondig word nie, of die huidige regulasies nie opgeskort word nie, is dit bindend en moet mense daarvolgens optree,” sê sy.

Die uitspraak in Dlamini-Zuma se aansoek was teen Maandag nog nie bekend nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.