Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
James Small: Liefdeslewe, 20 drieë maak ewe veel nuus

James Small, held-op-die-veld, maar ook plaaslike rugby se “stout seun”, koffiewinkeleienaar, pa en model, is Woensdag presies vyf maande ná sy 50ste verjaardag dood.

Hy is op 10 Februarie 1969 in Kaapstad as jongste van twee kinders gebore. Hy het ’n suster, Kelly.

james small, christina storm
James Small en Christina Storm toe hulle in die jare negentig 'n paartjie was. Foto: Argief
Small het sy skoolloopbaan aan die Greenside High School in Johannesburg voltooi, berig Sport24.

Sy kleurryke rugbyloopbaan as vleuel het wedstryde vir die Westelike Provinsie en die Natalse Haaie ingesluit, voordat hy sy toetsdebuut vir die Springbokke in 1992 teen Nieu-Seeland gemaak het. Hy het in altesaam 47 toetse uitgedraf, waarvan die laaste in 1997 teen Skotland was.

Sy liefdeslewe het egter net soveel opslae gemaak as sy 20 drieë.

Hy was onder meer in 1995 in ’n verhouding met Loui Fish, ’n voormalige model en later die oud-Bafana Bafana-sokkerspeler Mark Fish se vrou.

Daarna het hy die model Christina Storm die hof gemaak – ’n verhouding wat jare lank aan en af was. Hoewel die twee hul verlowing in 2001 verbreek het, het hulle in Augustus 2004 saam ’n kind gehad.

Small het kort nadat hul weë geskei het, erken dat hy Storm tydens die verhouding aangerand het.

27 November 2002, Mark Fish Photo Shoot, London, E
Loui Fish
Die rugbyspeler het in 2001 aan News24 gesê dat hy haar “uit woede geklap het”, maar hy kon net twee sulke voorvalle onthou.

Small het destyds bygevoeg dat hy professionele hulp kry vir sy “gewelddadige neigings”.

’n Paar maande later is hy, volgens

IOL, inderhaas per ambulans na ’n Kaapse hospitaal geneem ná ’n emosionele ineenstorting by sy Seepuntse huis.

Small het self die nooddienste gebel.

Familie en vriende het destyds gerugte van ’n beweerde selfdoodpoging ontken.

Die frisgeboude vleuel het ook in daardie stadium twee koffiewinkels saam met sy ma, Vaughn, in Kaapstad besit.

Hy het later sy aandeel daarin verkoop en terug na Johannesburg verhuis.

Dit blyk dat hy en Storm, ná ’n toesigstryd om Ruby in die hooggeregshof in Kaapstad in 2005, volgens

IOL, gedeelde toesig oor hul dogter gekry het.

Small het ook ’n seun, Caleb (9), uit ’n ander verhouding.

Meer oor:  James Small  |  Sterfgeval  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.