Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ligte aardbewing in Gauteng gevoel

Talle Gautengers het Vrydag sonder die hulp van ’n wekker wakker geword nadat daar vroegdag ongeveer 4 km buite Boksburg ’n ligte aardbewing was.

Mense het enkele minute ná die trilling op Twitter gevra of enigiemand anders dit gevoel het.

“Die aardbewing in Johannesburg het my regtig wakker gemaak en ek moes na Twitter gaan om seker te maak dit was nie my verbeelding nie,” het een gebruiker geskryf.

Earthquake Monitor, wat aardbewings in die wêreld meet, sê dié aardbewing het 3.6 gemeet en was 4,2 km suidwes van Boksburg.

Volgens dié inligting het die aardbewing om 06:34:52 plaasgevind en was dit op ’n diepte van 10 km.

Suid-Afrikaners in Boksburg, Germiston, Alberton, Benoni en Rhodesfield het inligting oor die aardbewing op Earthquake Monitor gedeel.

aardbewing Johannesburg

Twee mense in Benoni sê hulle kon ’n geskud voel, met een wat sê die trilling het ongeveer 15 sekondes geduur, terwyl iemand in die suide van Johannesburg gesê het die hele huis het geskud en dit was baie kommerwekkend.

Iemand in Boksburg het die trilling op Earthquake Monitor as intens beskryf.

“Dit het omtrent drie sekondes geduur en dit was intens. Al die vensters het geruk en die fondasie het ook gevoel of dit skud.”

mike
taylor
nikki
mck


Meer oor:  Aardbewing  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.