Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ligte trillings vibreer in Tulbagh – 50 jaar ná grote
20140919*BY* Die 45ste herdenking van die aardbewi
Tulbagh.

’n Ligte aardskudding is Maandag in die omgewing van Tulbagh in die Wes-Kaap gevoel.

Die Raad vir Geowetenskap (CGS) het Dinsdag bevestig dat twee skuddings – een om 08:54 en een om 11:40 – in dié deel van die Kaapse Wynland gemeet is.

Mahlatse Mononela, woordvoerder van die CGS, sê die omvang van die eerste skudding was 1.8 en dié van die tweede skudding 1.7.

Inwoners het Maandagoggend op sosiale media vertel dat hulle aardskuddings in die omgewing gevoel en gehoor het.

In Desember 2015 was daar ook ’n skudding van 3.7 in die omgewing van Tulbagh, wat tot in Ceres, Malmesbury en Wolseley gevoel is.

20140919*BY* Die 45ste herdenking van die aardbewi
So is destyds in Beeld oor die aardbewing berig.

Geen beserings of skade is toe aangemeld nie.

Die skadelikste aardbewing in Suid-Afrika se moderne geskiedenis het op 29 September 1969 naby Tulbagh plaasgevind en het 6.3 op die Richterskaal gemeet.

Verskeie geboue op die dorp is erg beskadig, onder meer van die geskiedkundige Kaaps-Hollandse, Victoriaanse en Eduardiaanse argitektoniese erfenis.

Op 1 Maart vanjaar is ’n aardskudding met ’n omvang van 3.8 ook by die Harmony Doornkop-myn, wes van Soweto in Johannesburg, aangemeld.

Dit is in Randburg en tot by Roodepoort, Randfontein en Krugersdorp aan die Wes-Rand gevoel.

Op 3 April 2017 is ’n aardbewing van 4.6 naby Klerksdorp in Noordwes gemeet en is dit tot so ver as Pretoria gevoel. Dit het sowat 2 km ondergronds plaasgevind.

Op 18 Oktober 2016 is ’n ligte aardbewing van 3.4 ook in die omgewing van Oudtshoorn in die Wes-Kaap aangeteken en is dit tot in George en Knysna gevoel.

LEES MEER: Aardbewing: Daar sal nog kom . . .

Meer oor:  Tulbagh  |  Aardbewing  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.