Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Limpopo: 2 leerlinge dood toe muur op hulle val

Twee laerskoolleerlinge van Limpopo is Woensdag dood toe ’n muur op hulle geval het nadat ’n vragmotor glo deur die skoolmuur geploeg het.

Polly Boshielo, LUR vir onderwys in Limpopo, het haar Woensdagmiddag na die Lekgolo Primary School in Mamaila gehaas.

Maatskaplike werkers is ook na die skool ontplooi om met berading te help.

Sam Makondo, woordvoerder van die departement van onderwys, sê nóg twee kinders is beseer toe die baksteenmuur op hulle val.

Albei die kinders wat dood is, was in gr. R.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê hulle is besig om die voorval te ondersoek.

* Die berig is aangepas sedert dit aanvanklik geplaas is.

Meer oor:  Limpopo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.