Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Limpopo: Soldaat skiet man ná rusie toe hy nie masker dra

Die polisie in Mogwadi in die Capricorn-distrik het ’n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Donderdag in hegtenis geneem wat na bewering ’n 27-jarige man geskiet het omdat hy nie ’n masker gedra het nie.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het Donderdagaand aan Netwerk24 bevestig ’n 27-jarige man is omstreeks 12:30 by ’n plaaslike winkelkompleks geskiet.

“Soldate was op ’n patrollie om seker te maak dat daar aan Covid-19-regulasies voldoen word toe hulle ’n groep mense sien wat nie maskers dra nie. ’n Rusie het ontstaan en ’n man is deur een van die soldate geskiet,” sê Mojapelo.

“Die gewonde man is na ’n plaaslike hospitaal gebring. Die 29-jarige soldaat is in hegtenis geneem en sal van poging tot moord aangekla word. Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Morabeng verskyn,” sê Mojapelo.

Meer oor:  Sanw  |  Limpopo  |  Covid-19  |  Masker  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.