Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Lion Mama’ en dogter leef in vrees
Inwoners van die gemeenskap het die sogenaamde Lion Mama die afgelope week in die landdroshof op Lady Frere ondersteun, toe die saak van moord en poging tot moord op haar dogter se vermeende verkragters teen haar teruggetrek is. Foto: SANELE JAMES

Die ma wat haar dogter se drie verkragters met ’n mes gesteek het, vrees nou vir haar lewe.

Die Oos-Kaapse ma (54), wat deur die gemeenskap tot die Lion Mama gedoop is, het op 2 September mans betrap wat haar dogter (27) in Zwartwater, naby Komani, glo beurtelings verkrag het.

Die ma het een man met ’n mes doodgesteek en die ander twee ernstig aangerand.

Buhle Tonise, haar regsverteenwoordiger, het Woensdag gesê die ma en dogter vrees vir hul lewe.

Die ondersteuners van die Lion Mama het self in die reën na die landdroshof op Lady Frere gestap om haar te ondersteun. Foto: SANELE JAMES

“Die grootste deel van die gemeenskap ondersteun die vrou en haar dogter. Maar daar is die enkele familielede en vriende van die oorledene en twee beskuldigdes wat hoogs ontevrede is met die situasie,” sê Tonise.

Sy verwys na die feit dat die ma nie vervolg gaan word nie.

Maandag het dié ma in die landdroshof op Lady Frere gehoor die sake is teen haar teruggetrek weens die tekort van bewyse.

Tonise sê die familielede van die oorledene is ontsteld dat niemand vir sy dood aanspreeklik gehou word nie.

Sy sê die oorledene se ma het blykbaar aanmerkings gemaak wat as dreigemente oorkom.

“Van wat ek verstaan, is die ma en dogter bang die beskuldigdes stuur ’n opdrag uit die tronk om hulle iets aan te doen. Onthou die ma is ’n getuie en die dogter die slagoffer.”

Die jong vrou wat die ma van die verkragting ingelig het, is ook intussen na ’n plek van veiligheid geneem.

Van wat ek verstaan, is die ma en dogter bang die beskuldigdes stuur ’n opdrag uit die tronk om hulle iets aan te doen. Onthou die ma is ’n getuie en die dogter die slagoffer.

“Die gemeenskap blameer die jong vrou wat alarm gemaak het vir die oorledene se dood. Hoewel sy ’n familielid van die oorledene is, vrees die polisie vir haar veiligheid, veral omdat sy ook ’n getuie in die saak is.”

Die ma en dogter wil glo nie na ’n plek van veiligheid geneem word nie, want hulle wil nie hê dit moet lyk asof hulle weghardloop nie, sê Tonise.

“Daar sal wel ekstra veiligheidsmaatreëls vir hulle wees indien die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word.”

Die twee beskuldigdes het Donderdagoggend weer in die landdroshof voorgekom, waar die saak tot 30 Oktober vir verdere ondersoek uitgestel is.

Volgens Luxolo Tyali, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Mthatha-distrik, het die twee mans met hul eerste hofverskyning aangedui dat hulle nie vir borgtog sal aansoek doen nie. Hulle kan egter op enige tydstip ’n borgtogaansoek bring.

Meer oor:  Lion Mama  |  Lady Frere  |  Ma  |  Dogter  |  Nie Vervolg  |  Verkragters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.