Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lisa met die rooi hare ontmoet uiteindelik haar sterre

Vir die internet-ster “Lisa met die rooi hare” was dit ’n droom wat waar word toe sy saam met die Boer soek ’n vrou-aanbieder, Marciel Hopkins, by Stark Studios in Johannesburg gekuier het.

Lisa van Rooyen, oftewel “Lisa met die rooi hare”, skiet haar immergewilde reaksievideo.

Binnelanders se Cindy Swanepoel het ook ingeloer.

“Dit was verskriklik lekker!” sê Lisa van Rooyen (23). “Aan die begin het ek definitief gestres. Dit is nogal intimiderend om met iemand te praat na wie jy opkyk op TV, maar ná tien minute was ek gemaklik, want Marciel het my so op my gemak laat voel. Ons het voor die tyd eers lekker gesels en toe het ek die kamera aangesit, record gedruk en die wyn ingegooi.”

Dié boorling van Potchefstroom is bekend om haar pittige video’s oor veral Boer soek ’n vrou. Met ’n glas wyn in die hand laat sy kykers skaterlag met haar sêgoed en skerp ontledings. Soos sy in haar Instagram-biografie sê: “Ek kyk shows sodat jy nie hoef nie.”

“Ons het dieselfde wyn gekoop en gedrink tydens die ‘date’ sodat dit half voel of ons saam sit.”

Selfs die boere met wie se soeke na liefde sy die gek skeer, skakel in om na haar samevattings te luister.

Sy en haar kêrel, Rudolph van Niekerk, het ’n paar weke gelede saam met die boere Richann en De`an tyd bestee op Richann se plaas in Vredefort in die Vrystaat.

“Ek was bang hulle gaan nie van my hou nie,” sê sy. “Ek skeer partykeer gek met hulle, maar, nee, hulle ontvang my baie goed. Hulle het vir my vertel hulle sien partykeer meer uit na my video as na die episode self. Dan dink hulle: ‘O, nee, vrek, Lisa gaan ons nou hieroor uithaal.’ ”

Die boere Richann en De`an kuier saam met hul gunsteling-internetsensasie.

Van Rooyen en Van Niekerk het mekaar verlede jaar in Potchefstroom ontmoet, maar dit het meet en pas geverg om mekaar te sien te midde van die Covid-19-reisregulasies omdat hy toe nog in Gonubie, naby Oos-Londen, gewoon het.

“Toe moes ons maar online dating doen,” sê sy. “Ons het dieselfde wyn gekoop en gedrink tydens die date sodat dit half voel of ons saam sit. Later het hy Potch toe gekom.”

Lisa het onlangs haar diploma in musiek-ondernemerskap op die Campus of Performing Arts in Midrand verwerf. Noudat die nuutste Boer soek ’n vrou-reeks verby is, het sy planne om met ’n reeks van haar eie te begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.