Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lise Brink dalk na Pretoria oorgeplaas
Die Brink-gesin.

Lise Brink (42), vrou van dr. Danie Brink (47), uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, gaan moontlik Maandag van die Medicilinic Welkom na ’n hospitaal in Pretoria oorgeplaas word waar sy geopereer sal word.

Dirk Hermann, Solidariteit se bedryfshoof, het gesê Lise is stabiel genoeg om Maandag na Pretoria oorgeplaas te word nadat die gesin Vrydagoggend in ’n motorongeluk was waarin twee van hul vyf kinders dood is.

“Die dokter gaan haar nog een keer besoek voordat sy per ambulans, wat met ’n intensiewesorgeenheid toegerus is, oorgeplaas gaan word. Sy gaan dan mond- en kaakchirurgie in Pretoria moet ondergaan,” sê Hermann.

Volgens Hermann het sy al probeer om haar oë oop te maak.

Hy sê die begrafnis van André (13) en Rachel (8) word onbepaald uitgestel totdat Lise in staat is om dit by te woon.

Hermann het gesê Lise is nog nie bewus daarvan dat haar twee kinders in die ongeluk dood is nie.



“Sy is nog nie in staat om te kan kommunikeer nie,” het hy gesê.


Die ongeluk het naby Theunissen in die Vrystaat gebeur.

Die gesin was Vrydag van Theunissen, waar hulle die vorige aand oornag het, onderweg na Kaap St. Francis in die Oos-Kaap toe ’n band van die gesin se Toyota Land Cruiser gebars het.

André en Rachel is op slag dood.

Lise het ernstige kaak-, mond- en kopbeserings opgedoen en word in die Mediclinic Welkom behandel. Sy het ook haar linkerarm en -been gebreek en haar knie is uit lit uit.

Mieke (15), die egpaar se oudste dogter, is lig beseer.

Hul middelste seun, Johann (9), word ook in die hospitaal behandel nadat hy snywonde aan sy kop opgedoen het. Die egpaar se jongste kind, Daniël (2), is ongedeerd.

Volgens Hermann is Danie nog baie verslae, maar baie sterk.

“Hy het ’n ongelooflike innerlike krag om alles bymekaar te hou. Hy ondersteun sy kinders en vrou geweldig baie en moet dan nog sy emosies ook hanteer.”

Hermann sê die gesin kry “geweldig baie” ondersteuning van oor die land heen.

“Duisende mense help en stuur boodskappe. Dis wonderlik om te sien hoe mense bereid is om te help. Jy het die pyn en lyding aan die een kant en aan die ander kant is jy baie dankbaar vir al die ondersteuning.”

Meer oor:  Danie Brink  |  Lise Brink  |  Pretoria  |  Welkom  |  Ongeluk  |  Solidariteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.