Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lise Brink kon naweek by die huis kuier
Die Brink-gesin voor die ongeluk op 16 Desember 2016.

Lise Brink was die naweek tuis saam met haar gesin.

Danie Brink, Lise se man en hoof van Solidariteit Helpende Hand, het Maandag in ’n boodskap gesê dit gaan elke dag beter met haar.

“Die groot hoogtepunt vir ons gesin was toe die mediese span Lise toegelaat het om die afgelope naweek tuis te spandeer. Sy het haar huis en gesin terdeë geniet en ons was in staat om alle logistieke uitdagings wat nog bestaan, te oorkom.”

Lise herstel tans by die Muelmed-rehabilitasiesentrum ná die noodlottige ongeluk waarin die Brink-gesin in Desember was.

Die gesin was op 16 Desember op pad na Kaap St. Francis toe die linkeragterband van hul gesinsmotor losgekom en die motor buite beheer geraak en gerol het buite Theunissen in die Vrystaat.

Rachel (8) en André (13) is op slag dood.

Lise is ernstig beseer en haar linkerbeen is geamputeer.

Sy is verlede Maandag uit die Unitas-hospitaal in Centurion ontslaan waar sy sedert die ongeluk behandel is.

“Die rehabilitasiespan by Muelmed doen uitstekende werk en Lise oefen elke dag drie uur lank baie hard. Haar verbetering is merkbaar en sy is in staat om meer en meer take selfstandig te doen,” lui sy boodskap.

Hy sê Lise was so hartseer soos enige koshuiskind toe sy Maandagoggend weer vir die week terug na die rehabilitasiesentrum geneem is.

Haar verbetering is merkbaar en sy is in staat om meer en meer take selfstandig te doen.
Danie Brink

“Maar ons is dankbaar dat die einde van hierdie fase ook in sig is.”

Danie sê die eerste voorbereidings word tans getref om die res van die been wat nie geamputeerde is nie so dun as moontlik te vorm.

“Dit vergemaklik die passing van ’n eerste kunsbeen, maar sal egter eers gebeur wanneer Lise heelwat sterker is.”

Sowat R480 000 word vir ’n prostese benodig. Dit sluit in alle prosteses tot by die finale weergawe en alle terapie wat nodig is om daarmee te leer loop.

Solidariteit hou tans ’n veldtog genaamd #hardloopvirlise om geld in te samel vir dié proses.

Die “Hardloop vir Lise”-geldinsamelingsprojek is primêr gekoppel aan die Medihelp Sunrise Monster op Saterdag 4 Maart by die Harlequin-klub in Groenkloof, Pretoria. Deelnemers kan in drie kategorieë deelneem: oor 32 km, 10 km en 5 km. Die inskrywingsgelde is R40. Jy kan ook op backabuddy.co.za registreer waar ander jou deelname kan borg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.