Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lise Brink ‘lekker helder’ op haar verjaardag

Lise Brink bring haar 43ste verjaarsdag in die Unitas-hospitaal in Centurion deur nadat sy en haar gesin in Desember in ’n ernstige ongeluk was.

“Dieselfde liefdevolle God wat vir Lise 42 gelukkige verjaarsdae gegun het, het ook hierdie 43ste een beskik,” het haar man, Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, Saterdag gesê.

Die Brink-gesin was in ’n ongeluk op pad na hul vakansiebestemming toe ’n band van die Toyota Land Cruiser waarin hulle gereis het, vermoedelik tussen Theunissen en Brandfort gebars het. Die voertuig het gerol.

Lise weet nog nie dat André (13) en Rachel (8), twee van haar vyf kinders, in die ongeluk dood is nie.

“Ons bly vashou aan al die waarhede oor God in dié moeilike tyd,” het Danie Saterdag gesê in ’n boodskap op ’n Facebook-blad wat geskep is vir die gemeenskap om die gesin te ondersteun.

Verjaarsdagwense vir Lise het op dié blad ingestroom.

“Lise was lekker helder tydens vanoggend (Saterdag) se besoek. Sy gaan môreoggend (Sondag) 8:00 teater toe vir werk aan die drukseer op haar kop. Ons gebed is dat dit daarmee goed sal gaan,” het Danie geskryf.

Die Brink-gesin.

Lise word steeds behandel vir longontsteking en sal na verwagting nog kaak- en rugoperasies moet ondergaan.

Haar linkerbeen is net onder die knie geamputeer nadat sy akute kompartementsindroom opgedoen het. Die sindroom veroorsaak erge swelling en belemmer die bloedsomloop.

Haar galblaas is ook verwyder.

Die twee kinders nog nie begrawe nie. Hulle lykies is gebalsem om hulle te bewaar tot hul ma die begrafnis kan bywoon. Daar sal egter binnekort vir hulle ’n gedenkdiens gehou word.

Die gedenkdiens sal vermoedelik binne die volgende twee weke gehou word en die reëlings daarvoor sal vroeg aanstaande week bekend gemaak word.

Meer oor:  Lise Brink  |  Verjaardag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.