Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lise Brink oorstelp oor hulp
Danie Brink (links), Lelani en Ernst Roets en voor Lise met klein Daniël (2) op haar skoot by die Hardloop vir Lise-geldinsamelingsprojek gister.

Ná 70 dae in die hospitaal kon Lise Brink gister in haar tuin sit en kyk hoe mense verby haar huis hardloop om geld in te samel om vir haar ’n kunsbeen te koop. Lise het haar been verloor in ’n ongeluk op 16 Desember waarin twee van haar kinders dood is.

Amper 250 drawwers wat onder die vaandel van Hardloop vir Lise aan die Medihelp Sunrise Monster-marathon in Pretoria deelgeneem het, het gister R238 000 ingesamel. Die prostese kos R480 000.

“Ek kon sien sy het nie woorde gehad nie. Jy weet, vir so lank was sy in totale afsondering. Sy het niks van die mediadekking oor ons ongeluk gesien nie en nie besef hoeveel mense gee om en wil help ná ons ongeluk nie,” het haar man, Danie Brink, uitvoerende hoof van Helpende Hand, gister aan Rapport gesê.

Danie, Lise en hul vyf kinders was op pad na hul vakansiebestemming toe die ongeluk gebeur het. Lise het ernstige kop-, gesig-, rug- en beenbeserings opgedoen en André (13) en Rachel (8) het gesterf. Lise was tot verlede week in die hospitaal.

Lise Brink (links) en haar man Danie, langs haar, kyk gister hoe mense verby hulle huis hardloop om geld in te samel vir Lise se kunsbeen. Die gesin het plakkate aangebring om vir deelnemers dankie te sê vir hulle volgehoue ondersteuning. Foto: Verskaf

“Ons vat dinge maar stap vir stap. Dis vreeslik lekker om haar weer by die huis te hê. Die lang tyd in die hospitaal was vir almal ’n ontwrigting en ek en die kinders, of soms net ek, het twee tot drie keer per dag gaan kuier.”

“Die volgende groot fokus is nou die kunsbeen. Die uitdaging met Lise se prostese is dat haar been bokant haar knie afgesit is. ’n Kunsbeen vir haar kos omtrent R480 000, waarvan omtrent R300 000 net vir die knie is,” sê Danie.

“Sy is vreeslik gedetermineerd, maar sy is nog swak. Sy het 13 kg verloor.”

Die grootse uitdaging bly maar om die verlies van hul twee kinders te verwerk.

“Dit raak nie beter nie. Dit volg jou waar jy gaan.”
suzanne.venter@rapport.co.za

Meer oor:  Lise Brink
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.