Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lise Brink tuis ná ongeluk
Die Brink-gesin voor die ongeluk.

Lise Brink is ná meer as twee maande in die hospitaal uiteindelik tuis ná die noodlottige ongeluk waarin die Brink-gesin in Desember was.

Sy is op 6 Februarie uit die Unitas-hospitaal in Centurion na die Muelmed-rehabilitasiesentrum oorgeplaas.

Lise was op 16 Desember saam met haar man, dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, en hul vyf kinders op pad na Kaap St. Francis toe die linkeragterband van hul gesinsvoertuig losgekom en die voertuig buite beheer geraak en gerol het. Die ongeluk het buite Theunissen in die Vrystaat gebeur.

Rachel (8) en André (13) is opslag dood.

Lise was vir ’n geruime tyd in ’n kritieke toestand en haar been is op 21 Desember bokant die knie geamputeer.

Volgens Brink se dokters gaan dit goed met haar gesondheid, maar 12 tot 18 maande se rehabilitasie lê nog voor.

Ernst Vorster, hoof van kommunikasie vir Helpende Hand, sê die feit dat die been bo die knie geamputeer is het verskeie implikasies.

Die Brinks fokus nou op Lise se herstelproses en hulle koester realistiese verwagtinge rondom haar herstel.

“Behalwe vir die feit dat die been se funksie met moeitevolle rehabilitasie herstel sal moet word, beïnvloed dit ook die koste van die prostese.”

Volgens Danie is die feit dat sy vrou uit die hospitaal ontslaan is, ’n reuse mylpaal. Hy en sy gesin is baie dankbaar daarvoor
Ernst Vorster, Helpende Hand

“Die funksies van die prostese is ook meer ingewikkeld en die koste beloop ongeveer R480 000,” sê Vorster.

Saam met die prostese, wat slegs gedeeltelik deur die Brinks se mediese fonds betaal word, moet die hegstukke en die terapie wat daarmee gepaardgaan ook betaal word.

“Volgens Danie is die feit dat sy vrou uit die hospitaal ontslaan is, ’n reuse mylpaal. Hy en sy gesin is baie dankbaar daarvoor.”

Vorster sê die egpaar is baie dankbaar vir die ondersteuning wat hulle van die publiek ontvang.

“Hulle het ook ’n spesiale dankie aan die media gerig wat oor hul tragedie berig het en die publiek op hoogte gehou het.”

“Die gesin waardeer die ondersteuning wat die publiek en die media bied, maar ons moet ook begrip hê vir die Brink-gesin se behoefte om in privaatheid te rou oor hul tragiese verlies en hulle die tyd gun om saam deur die trauma te werk.”

Om geld vir Lise se prostese in te samel, het vriende van die gesin en kollegas uit die Solidariteit Beweging besluit om die Hardloop vir Lise-veldtog te begin. Verskeie atlete en lede van die publiek gaan aan die Sunrise Monster op 4 Maart deelneem om geld in te samel.

Lede van die publiek wat die Hardloop vir Lise-veldtog wil ondersteun kan www.hardloopvirlise.co.za besoek.

Rachel en haar broer André is in die ongeluk dood. Foto: Lisa Hnatowicz

Meer oor:  Lise Brink  |  Pretoria  |  Ongeluk  |  Steun  |  Rehabilitasie  |  Tuis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.