Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lise Brink weet nou van amputasie
Die Brink-gesin.

Lise Brink se man, Danie, het vir haar gesê dat sy haar linkerbeen ná ’n amputasie verloor het.

Haar man, Danie Brink, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het Maandag in ’n boodskap gesê hy en die susters van die Unitas-hospitaal in Centurion het vir die afgelope twee dae opgemerk dat sy op ’n manier van haar amputasie bewus geraak het.

“Ek kon haar vraende oë en beweeg van haar linkerbeen nie langer vermy nie en het haar vandag (Maandag) van die amputasie vertel.”

Danie sê sy het geskok en bekommerd gelyk oor dié nuus.

Lise gaan in die tyd wat voorlê gebed hiervoor baie nodig hê.

“Lise gaan in die tyd wat voorlê gebed hiervoor baie nodig hê,” sê Danie.

Lise se linkerbeen is ná ’n motorongeluk net bo die knie geamputeer nadat sy akute kompartementsindroom opgedoen het. Die sindroom veroorsaak erge swelling en belemmer die bloedsomloop.

Die Brink-gesin was op 16 Desember in ’n motorongeluk terwyl hulle op pad was na Kaap St. Francis in die Oos-Kaap vir hul jaarlikse vakansie. 

"Die motor het buite beheer geraak en gerol nadat die linker-agterband losgekom het," sê Danie.

Lise weet nog nie dat André (13) en Rachel (8), twee van haar vyf kinders, in die ongeluk dood is nie.

Sy het Sondag ’n operasie ondergaan om ’n drukseer op haar kop te behandel.

“Daar is genadiglik nog gesonde weefsel wat die kopbeen bedek en nou behoort goeie nasorg te verseker dat die wond mooi herstel en plastiese chirurgie agterna minder ingrypend hoef te wees,” sê Danie.

Lise word vir longontsteking behandel en sal nog kaak- en rugoperasies ondergaan.

Dr. Dirk Hermann, Solidariteit se bestuurshoof en voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand, het Saterdag gesê ’n gedenkdiens sal vir André en Rachel gehou word.

Die begrafnis is uitgestel totdat Lise sterk genoeg is om dit by te woon.

“Dit is egter nie die begrafnis nie, dit is net ’n gedenkdiens. Die begrafnis is uitgestel totdat Lise sterk genoeg is om dit by te woon.”

Volgens Hermann gaan dit onder omstandighede goed met die ander drie kinders, Daniël (2), Johann (9) en Mieke (15).

“Die familie probeer om ’n omgewing vir hulle te skep waar hulle so normaal as moontlik kan lewe. Dit gaan verder goed met klein Johann wat ook in die ongeluk seergekry het.”

Intussen is daar ’n ondersteuningsgroep op Facebook gestig waar talle sedertdien boodskappe van medelye en ondersteuning plaas. Dié groep het reeds meer as 10 000 lede.

Meer oor:  Lise Brink  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.