Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lise in hospitaalbed by kinders se gedenkdiens

Lise Brink, vrou van dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Handhet Sondag die gedenkdiens van haar twee kinders, wat in 'n motorongeluk in Desember dood is, in 'n hospitaalbed bygewoon.

Rachel en André Brink

Haar man het langs haar gesit en haar linkerhand vasgehou, en kort-kort haar trane afgevee, terwyl hul oudste dogter, Mieke (15), haar regterhand vasgehou het. Haar boeties, Daniël (2), Johann (8), was ook teenwoordig. 

Paramedici was ook by die diens om 'n wakende oog oor Lise te hou.

Die Brink-gesin het in die Hatfield Christian Church in Pretoria afskeid geneem van André (13) en Rachel (8) wat dood is tydens die motorongeluk op 16 Desember tussen Theunissen en Brandfort in die Vrystaat. Lise is baie ernstig beseer en Sondag was die eerste dag wat sy uit die hospitaal toegelaat is om die diens by te woon. Haar linkerbeen is vroeër gedeeltelik geamputeer.

Sowat 600 roubeklaers het die diens bygewoon wat waargeneem is deur Dr. Jacobus de Koning wat uit Efesiërs 1 gepreek het.

Voor die diens, het verskeie mense 'n ry gevorm om boodskappe in 'n boek in die voorportaal aan die gesin te skryf. 

Sowat 600 mense het die Brink kinders se gedenkdiens bygewoon

* Hou Netwerk24 dop vir 'n meer volledige berig.


Meer oor:  Solidariteit  |  Gedenkdiens  |  Lise Brink  |  Danie Brink  |  Brandfort  |  Theunissen  |  Pretoria  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.