Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lizz sê sorg vir ikoon bewys daar is liefde in SA

Liefde, deernis en lojaliteit bestaan nog in Suid-Afrika.

Die aktrise Lizz Meiring het dit eerstehands ervaar deur middel van die Teaterbystandsfonds (TBF).

Lizz Meiring. Foto: Nasief Manie

Meiring het Donderdag op haar Facebook-blad ’n storie gedeel van ’n “geliefde, legendariese en nou ernstig siek bejaarde” uit die vermaaklikheidsbedryf wat etlike maande al sonder elektrisiteit probeer oorleef.

Finansies knyp so dat die persoon vir meer as ’n jaar lank nie die huiswerker se salaris kon betaal nie.

Ten spyte hiervan sorg die huiswerker, uit eie wil, daagliks vir die ikoon en kook (sonder elektrisiteit) vir haar, skryf Meiring.

“Laat sekere van die politici en sogenaamde invloedrykes maar rassehaat en onmin probeer saai – die deernis en liefde en lojaliteit wat mense in ons land vir mekaar het – oorwin alles,” skryf Meiring.

Sy is al vir jare betrokke by die direksie van die TBF.

Dié fonds is ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie wat sedert 1964 bestaan. Die geld word gebruik om na diegene wat ernstig siek is en die behoeftiges en die bejaardes in alle beroepe in die vermaaklikheidsbedryf om te sien.

Volgens Meiring sorg die fonds permanent vir ’n groot aantal behoeftige bejaarde mense uit die bedryf wat totaal daarvan afhanklik is.

Dikwels het dié mense tydens hul loopbaan bloot te min verdien om geld te kon wegsit en het geen familie- of gemeenskapsteun nie.

Meiring sê dit is ook die fonds se beleid om begunstigdes se identiteit geheim te hou.

“Die karige inkomste (van die ikoniese persoon) is te min om selfs dié basiese onkoste te dek en die werk het lankal opgedroog, maar die TBF sal help,” skryf Meiring.

* Stuur ’n e-pos aan tbfsa.co.za indien jy die TBF geldelik wil ondersteun of meer oor die organisasie wil uitvind.

Jy kan ook ’n SMS met die woord “TBF” na 49701 stuur. Met elke SMS skenk jy R30.

Lizz Meiring se inskrywing op Facebook. Foto: Facebook

Meer oor:  Lizz Meiring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.