Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Loch Vaal: Mense, diere gered ná spruite oorstroom
’n Oryx-helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag is ingespan om twee bejaarde mense, wat Saterdag weens vloedwaters in hul huis in Loch Vaal vasgekeer was, na veiligheid te bring. Foto: Netcare 911

’n Man en ’n vrou moes Saterdag met ’n lugmaghelikopter na veiligheid gebring word nadat hul huis in die Loch Vaal-omgewing buite Vanderbijlpark deur vloedwaters oorstroom is.

Nog twee vroue en hul honde is deur reddingswerkers na veiligheid geneem. Niemand is ernstig beseer nie.

“Die oewers van die Klein Rietspruit en die Rietspruit het oorstroom met buitensporige vloei vanuit ’n noordwestelike rigting,” het Pieter Nieuwenhuizen, hoof van rampbestuur in die gebied, gesê.

’n Lugfoto van die Loch Vaal-omgewing buite Vanderbijlpark nadat die Klein Rietspruit en Rietspruit Saterdag hul walle oorstroom het. Foto: Verskaf

Volgens Nieuwenhuizen het Loch Vaal die afgelope paar dae hewige reënval gehad. “Die oormatige reën en watervloei van omliggende gebiede het bygedra dat die spruite se walle oorstroom. Sluise by die Barrage-dam is intussen oopgemaak om die nodige verligting te bring,” het Nieuwenhuizen gesê.

“ ’n Oryx-helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag is gebruik om die bejaarde egpaar na veiligheid te neem,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, Saterdag aan Netwerk24 gesê.

Volgens Herbst is verskeie nooddienste omstreeks 10:00 na kleinhoewes by die Rietspruit in Loch Vaal ontbied.

“ ’n Man en vrou was deur die vloedwaters in hul huis vasgekeer. Die lugmaghelikopter moes toe ingespan word om hulle te red,” het Herbst gesê.

Viccy Baker, wat die afgelope 35 jaar in Loch Vaal woon, het gesê sy het nog nooit die watervloei in die spruite “so onstuimig” gesien nie.

“So ver die oog kon sien, was alles net toe onder water. Twee vroue en hul honde, wat sowat 2 km van ons af woon, is ook deur reddingswerkers na veiligheid gebring. Ek hoop die harde reën het die hope vullis in die spruit verder weggevoer,” het sy gesê.

’n Lugfoto van die Loch Vaal-omgewing buite Vanderbijlpark nadat die Klein Rietspruit en Rietspruit Saterdag hul walle oorstroom het. Foto: Verskaf
’n Lugfoto van die Loch Vaal-omgewing buite Vanderbijlpark nadat die Klein Rietspruit en Rietspruit Saterdag hul walle oorstroom het. Foto: Verskaf
’n Lugfoto van die Loch Vaal-omgewing buite Vanderbijlpark nadat die Klein Rietspruit en Rietspruit Saterdag hul walle oorstroom het. Foto: Verskaf
Meer oor:  Vanderbijlpark  |  Redding  |  Oorstroming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.