Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lof vir arts ná treurspel waarin pa, seun verdrink

’n Dokter word geprys ná ’n treurspel in die see by La Mercy in KwaZulu-Natal waarin ’n pa, sy een tienerseun en hul hond verdrink het.

“Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) loof die vinnige reaksie van alle dienste wat reageer het, en ons loof die dokter wat op die toneel gehelp het,” lui ’n verklaring wat die NSRI uitgereik het.

Die pa (43), seun (14) en hul hond het Vrydag in die see verdrink.

“Dit blyk dat die pa, sy twee seuns, onderskeidelik 18 en 14 jaar oud, en hul troeteldier na bewering aan die kuslyn naby die water was toe ’n golf vermoedelik oor hulle is en hulle tot in die branderlyn gesuig is. Hulle is deur sterk strome meegesleur die see in,” lui die verklaring.

Quentin Power, stasiebevelvoerder van die NSRI in Ballito, sê die dokter, van KwaZulu-Natal, was op die strand en het die voorval gesien. Hy het die pa uit die see gered en hom probeer bybring. Alle pogings om die man te help het misluk en hy is dood verklaar.

Daarna het ’n soektog begin na die 14-jarige wat in die branderlyn verdwyn het.

“Die veiligheidsmaatskappy Reaction Unit SA (Rusa) se helikopter het op die toneel aangekom en by die soektog aangesluit.

“Reddingspanne het ook met ’n kussoektog begin en die tiener is gevind 200 m suid van die plek waar hy vroeër gesien is. Paramedici van Netcare 911 het die tiener uit die water gehaal. Die seun is dood verklaar,” lui die verklaring.

Ten tyde van die soektog is die gesin se lewelose hond ook gevind. Die hond se karkas is in die sorg van die dierebeskermingsvereniging geneem.

Die 18-jarige het daarin geslaag om die kus veilig te bereik. Hy is nie beseer nie.

Meer oor:  Nsri  |  Seun  |  Pa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.