Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lorrie ry beampte op renbaan raak

’n Baanbeampte van die Boshof Oval-renbaan is in die hoësorgeenheid van ’n Bloemfonteinse hospitaal nadat hy Saterdag in ’n fratsongeluk op die baan deur ’n watervragmotor raakgery is.

Dirk van Schalkwyk, ’n assistentklerk, is na die Mediclinic Bloemfontein gevlieg nadat hy op dié renbaan in Boshof in die Wes-Vrystaat raakgery is.

Die baan was klaar natgespuit en die vragmotor was besig om die baan te verlaat toe die ongeluk gebeur het.

Die eerste streekskampioenskap van die World of Motorsport South Africa (Womza) is Saterdag op die renbaan gehou.

Pieter Esterhuizen, ’n promotor, het die voorval as ’n fratsongeluk beskryf en gesê Van Schalkwyk het iemand in die paviljoen gegroet en skielik voor die vragmotor ingeloop.

Die ongeluk het binne sekondes gebeur.

“Dit is uit en uit ’n fratsongeluk. Dit is niemand se skuld nie. Die oom werk al jare lank op die baan. Hy het op daardie oomblik net nie gekonsentreer en gekyk waar hy loop nie.

“Ons het ná die tyd gesit en praat oor hoe om soortgelyke ongelukke in die toekoms te voorkom. Dit kon nie verhoed word nie en daar was niks wat enigeen daaraan kon doen nie. Dit is ’n menslike fout en iets wat baie sleg is vir ons,” sê hy.

Volgens hom is almal wat op en langs die baan werk altyd veiligheidsbewus en word alles moontlik gedoen om mense se veiligheid te verseker.

Al die nodige regulasies, reëls en veiligheidsmaatreëls was in plek.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.