Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Los SAUK uit om verslag te doen, vra Redakteurs-forum

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) sê die SAUK moet toegelaat word om sy redaksionele onafhanklikheid uit te oefen en stories na goeddunke te dek, ook nuus oor ’n groep wat beweer hulle is lede van die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) en wat na hulself as die “Zuma Must Go”-veldtog verwys.

Dit kom nadat Pule Mabe, ANC-woordvoerder, krities was oor die SAUK se dekking van dié groep se mediakonferensie Sondag. Mabe het gesê die mense op dié mediakonferensie het geen mandaat gehad om te praat nie en dien nie in enige formele ANC-strukture nie.

Sanef het Maandag in ’n verklaring gesê die SAUK moet toegelaat word om sy redaksionele onafhanklikheid uit te oefen en stories te dek soos hy goeddink, ook nuus oor afvallige ANC- en SAKP-lede.

“Die ANC het die reg om die nuusdekking van die SAUK te betwis, maar dit moet nooit inbreuk maak op die SAUK se reg om stories te dek wat hy as belangrik beskou nie. Dit moet ook nooit joernaliste van die SAUK intimideer of dreig nie.

“Die rol van die SAUK as Suid-Afrika se openbare uitsaaier is noodsaaklik, veral in dié onstuimige en onseker politieke tye. Sanef glo dat ’n openhartige en robuuste verhouding tussen die regerende party en die SAUK noodsaaklik is.

“Ons moet egter die SAUK se reg om die stories wat hy kies om uit te saai, beskerm en sy reg om sonder vrees of guns verslag te doen.”

Meer oor:  Sanef  |  Sauk  |  Nuus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.