Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Loutere kaf,’ sê Pik oor bewerings oor Malan
Pik Botha Foto: Argief

Dit is “loutere kaf” dat wyle genl. Magnus Malan, Suid-Afrika se magtige minister van verdediging in die 1980’s, ’n pedofiel was, meen oudmin. Pik Botha.

Botha het Sondag só gereageer nadat Rapport oor die verstommende en skokkende onthullings in die boek Die seuns van Bird Island berig het.

Die boek, wat Maandag bekend gestel word, is geskryf deur Mark Minnie, ’n voormalige speurder, en Chris Steyn, ’n ondersoekende joernalis.

In die boek word beweer dat Malan en nog twee ander voormalige ministers in die Nasionale Party-regering pedofiele was wat destyds aan seksorgies met jong seuns, meestal bruin, deelgeneem het wanneer die ministers vir “visvanguitstappies” na Birdeiland naby Port Elizabeth gegaan het.

Botha, ’n voormalige minister van buitelandse sake, het Sondag in reaksie op die bewerings gesê Malan was “ ’n hoogs beskaafde mens met hoë intellektuele vermoëns”.

“Hy het my deur die Angolese oorlog gehelp sodat ek destyds vrede daar kon bewerkstellig. Ons twee het professioneel en uit ’n vriendskapsoogpunt ’n baie goeie verhouding gehad,” het Botha gesê.

* Volg Netwerk24 vir meer oor dié berig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.