Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
LP verwyder nié FB-plasing oor ‘pedofiel’

Die ANC-LP Pierre-Jeanne Gerber weier om ’n Facebook-plasing te verwyder waarin hy beweer dat Coenraad (Coenie) Hugo hom gemolesteer het toe hy 12 jaar oud was.

Wyle Coenie Hugo.

Die 73-jarige Hugo is Sondag dood.

Gerber het vroeër vanjaar dié bewerings teen Hugo op die lappe gebring, maar hy is nie toe geïdentifiseer nie. Nadat hy van Hugo se dood verneem het, het hy hom Woensdag in ’n brief op Facebook geïdentifiseer.

Hugo se familie het by monde van hul prokureur, Schalk Steyn, gesê dit is “skokkend, onvanpas en onmenslik om ’n onskuldige persoon te identifiseer en te assosieer met die woord ‘pedo­fiel’ ”.

Steyn het Gerber Woensdag in ’n teksboodskap beveel om sy Facebook-skrywe, waarin hy na Hugo verwys as ’n pedofiel, voor 15:00 die middag te verwyder. Doen hy dit nie, stel jy homself bloot aan ’n interdik en “gepaardgaande gevolge”, lui die boodskap.

Gerber weier volstrek en teen druktyd was die inskrywing steeds op sy Facebook-blad.

‘Skuldig? Verlig? Kwaad?’

Gerber en Hugo se paaie het die eerste keer in 1974 gekruis. Gerber sê Hugo, destyds ’n jong wynboer, het in dié jaar een aand oornag in die pastorie in Indwe in die Oos-Kaap waar Gerber se pa predikant was. Hy beweer dat Hugo hom dié aan seksueel aangerand het.

Ná Gerber se onthulling het nog vier mans en hul familielede soortgelyke bewerings teenoor Hugo aan Rapport gemaak.

Gerber het in 2018 ’n strafregtelike klag oor dié voorval by die polisie ingedien, maar die nasionale vervolgingsgesag het besluit om Hugo nie te vervolg nie, onder meer omdat dit ná al die jare net Gerber se woord teen Hugo s’n was.

Gerber het toe ’n klag van wangedrag teen Hugo ingedien by die NG gemeente Worcester-Noord. Die kerk het ’n kommissie aangestel om sy bewerings te ondersoek. Hugo sou Donderdag voor die kommissie verskyn het.

Maandagoggend het Gerber ’n SMS-boodskap van een van die kommissielede ontvang wat lui: “Dagsê. Ek laat weet net Coenie is gisteraand oorlede.

“Seën.”

’n Ander teksboodskap wat Gerber van ’n kennis ontvang het, lui: “Hy het op agterstoep gesit. Sy vrou was kerk toe en toe sy tuiskom was hy al koud. Hy het meer as ’n week gelede operasie gehad en dit het hom verswak.”

In die Facebook-plasing getiteld “Wyle Coenie Hugo die Woester (sic) pedofiel”, wat Gerber sedertdien gemaak het, skryf Gerber hy weet nie hoe hy moet voel nie.

“Skuldig? Verlig? Kwaad? Die vreemdste gevoel van niks. Die klein jakkalsies agter my ore wil vir my sê ek is aandadig, die ander sê, nee wat, jy het reg gedoen. Maar tog die twyfel . . .”

Hugo se familie hou vol daar was geen “kerklike stappe of beweerde versoenings” hangend voor sy dood nie.

Rapport het egter die kennisgewing aan Hugo gesien. Ds. Charl Stander, aktuarius van die Wes-Kaapse sinode, het egter Vrydag gesê die kerkraadkommissie wat die aangeleentheid hanteer, vergader binnekort “om te besin oor verdere hantering daarvan”.

Gerber het Saterdag gesê hy “gaan nie die plasing op sosiale media verwyder nie. Dit staan die familie vry om hul opsies, op watter forum ook al, uit te oefen”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.