Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: Lugmag se magsvertoon ontwrig toe Oryx grond hard tref

’n Bemanningslid het Dinsdag ’n ligte enkelbesering opgedoen toe ’n Oryx-helikopter hard met die grond kennis gemaak het ten tyde van die Suid-Afrikaanse lugmag se magsvertoning by Roodewal in Limpopo.

Volgens ’n ooggetuie het die helikopter ingekom om soldate af te laai toe dit die grond met ’n slag getref het. “Soldate het uitgepeul en dadelik ’n ongeluksformasie rondom die helikopter gevorm. Kort daarna het ambulanse en mediese personeel hulle na die ongelukstoneel gehaas,” het die ooggetuie aan Netwerk24 gesê.

Op dié foto, wat oomblikke ná die ongeluk deur Deaan Viviers geneem is, lyk dit of die Oryx se stert met die landing losgeskeur het.

Die vertoning is vir ’n halfuur gestaak.

Kol. Eugene Motati, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugmag, het die ongeluk bevestig.

“Gelukkig is niemand ernstig beseer nie. Een bemanningslid het ’n ligte enkelbesering opgedoen.

“ Ondersoek sal ingestel word na die oorsaak van die ongeluk. Ons is trots op die wyse waarop ons bemanningslede die situasie gehanteer het.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.