Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Luiperd verras mense wat na Panga soek
Panga die Rottweiler. Foto: Rottweiler South Africa/Facebook

Die lede van ’n soekgeselskap wat ’n plaasgebied tussen Sutherland en Matjiesfontein fynkam op soek na Panga, ’n Rottweiler wat op 8 Februarie vermis geraak het, het hulle Donderdag in ’n luiperd vasgeloop.

’n Beloning van R10 000 is aangebied vir inligting wat tot Panga se opsporing sal lei. Henk Oosthuizen, ’n vlieënier van Durbanville, het Donderdagmiddag ook weer saam met ’n groep spoorsnyers kom help soek as deel van pogings deur die Facebook-groep Rottweiler South Africa om Panga op te spoor.

Oosthuizen het ook verlede week die groep vanuit sy vliegtuig bygestaan. Hommeltuie is ook al gebruik. Die soektog het Vrydag voortgegaan.

Die luiperdspore wat Donderdag gevind is. Foto: Rottweiler South Africa/Facebook

Ada Coetzee, Panga se eienaar, sê sy was Donderdag 15 km van hul huis om by ’n verlate opstal te soek.

“Dit was so grillerig, want die bosse is teen die huis. Daar was niks spore nie en ek het gery.

“Net ná my was die spoorsnyers daar en het hulle luiperdspore daar gekry. Terwyl hulle nog gekyk het, het die luiperd te voorskyn gekom. Hy het my heelwaarskynlik dopgehou.”

Volgens die Facebookgroep is dit nie bekend wie die grootste geskrik of die eerste padgegee het nie, die luiperd of die spoorsnyers.

Droë bene van ’n bok is ook gevind. Foto: Rottweiler South Africa/Facebook
Die terrein soos vanuit Henk Oosthuizen se vliegtuig gesien. Foto: Rottweiler South Africa/Facebook

Die soekgeselskap het ook die oggend op bobbejaanspore en ou, droë bene van ’n bok afgekom. Daar is nog geen teken van Panga nie en geen sleepmerke is gevind nie.

Dinsdag het die soekgeselskap swart hare, vermoedelik van Panga, op ’n grensdraad gekry, asook nog luiperdspore, ’n dooie bobbejaan onder ’n bos en ’n klip wat bloed op het wat sowat agt dae gelede daar beland het. Daar is geen aanduiding dat dit Panga se bloed is nie.

Op 8 Februarie is Panga en nog ’n Rottweiler, Unja, omstreeks 03:30 uit Cloete se plaashuis gelaat om ’n draai te gaan loop.

Volgens haar was daar koedoes naby toe Panga-hulle uitgegaan het. Hulle vermoed ’n luiperd was agter die koedoes aan en dat Panga tussenbeide gekom het.

Mense met inligting kan Cloete by 072 240 5106 bel of ’n WhatsApp-boodskap stuur.

Meer oor:  Sutherland  |  Panga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.