Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ontploffing by stadsaal 'daad van terrorisme'
Sipho Hlomuka
Sipho Hlomuka Foto: Argief

Sipho Hlomuka, LUR vir menslike nedersettings, samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in KwaZulu-Natal, het beveel dat ’n ondersoek gedoen moet word na Maandagmiddag se ontploffing by die Msunduzi-stadsaal in Pietermaritzburg.

Hy het ook die aanval veroordeel.

Sibusiso Sithole, munisipale administrateur, moes ’n verslag in die stadsaal voorlê toe die ontploffing plaasgevind het.

“Dit is ’n daad van terrorisme, suiwer en eenvoudig. Ons kan nie toelaat dat onbekende aanvallers ons plaaslike regeringsinstellings verlam en ons amptenare en die breë publiek intimideer nie,” sê Hlomuka.

Sithole se verslag was bedoel om die munisipaliteit se omkeerstrategie uiteen te sit ten einde dit na “volle funksionaliteit” te herstel, nadat dit in April onder administrasie geplaas is weens probleme met die bestuur en dienslewering.

Hlomuka sê die munisipaliteit sal onder administrasie bly tot en met daar “tasbare beweging in sy lotgevalle is”.

Hy het bygevoeg die aanval het geen plek in ’n “beskaafde samelewing” nie.

“Ons sal nie geïntimideer word deur die optrede van individue wat chaos wil skep en onmin wil saai nie. Ons rol is om munisipaliteite in die provinsie te ondersteun en dit is wat ons sal aanhou doen.

“Ons doen egter ’n beroep op al ons munisipale amptenare om in die toekoms die nodige veiligheidsmaatreëls te tref,” sê Hlomuka.

Meer oor:  Sipho Hlomuka  |  Pietermaritzburg  |  Stadsaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.