SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Algemeen
LUR: ‘Brandstigting nie uitgesluit’

Die brand in ’n staatsgebou in Johannesburg se middestad is moontlik met opset gestig “om prosesse te frustreer – die brand het in die kantore van ons regsdienste uitgebreek,” het Jacob Mamabolo, LUR vir infrastruktuurontwikkeling in Gauteng, Donderdag op ’n mediakonferensie gesê.

Drie brandweermanne is dood en talle ander is beseer terwyl hulle die brand probeer blus het.

Die brand in die Bank of Lisbon-gebou in die Johannesburgse middestad het teen laat Donderdagoggend steeds gewoed. Foto: Jana Marx

Hy het daarop gewys dat daar nog geen bewyse is dat die brand wat Woensdag in die Bank of Lisbon-gebou in die middestad uitgebreek het, verband hou met die swak toestand van die gebou nie.

“Hoewel ’n mens nie wil spekuleer oor hoe die brand op die 23ste verdieping ontstaan het nie,” meen hy brandstigting kan nie uitgesluit word nie.

“As die ondersoek na die gebeure wys dat iemand die wet oortree het, sal die nodige optrede volg. Ons kan egter nie nou spekuleer oor wie waarvoor verantwoordelik was nie. As ek iets verkeerd gedoen het, sal ek volle verantwoordelikheid neem. Die premier sal dan optree.

“Brande kan egter in die beste geboue ontstaan, ons weet nog nie wat die oorsaak hier was nie. Ons kan dus nie aanneem dit hou verband met die toestand van die gebou nie.”

Hy het dit ontken dat die departement net reaktief optree en sê hulle was al ’n geruime tyd besig om personeellede van dié gebou af na ander geboue te verskuif. Dié gebou is een van nege staatsgeboue in Gauteng wat nie aan veiligheidstandaarde voldoen nie, het Mamabolo erken.

Sy departement “wil egter baie meer proaktief wees met instandhoudingskwessies” en hy wil die proses nou bespoedig om die personeellede wat steeds in die gebou werk, te verskuif.

“Alle personeellede sal tydelik na ander geboue verskuif word totdat ’n ander tuiste gevind word,” het een van die amptenare op die mediakonferensie gesê.

Die kantore van die provinsie se departemente van gesondheid, menslike nedersettings en samewerkende regering en tradisionele sake is in dié gebou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.