Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
LUR kap motoriste oor hul gedrag op KZN-paaie

Neliswa Peggy Nkonyeni, LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling in KwaZulu-Natal, het motoriste, wat die langnaweek in die provinsie vir onder meer dronkbestuur aangekeer is, oor die kole gehaal.

Foto ter illustrasie. Foto: Reuters

“Dit is onaanvaarbaar dat sommige motoriste die lewens van ander mense op die paaie met hul onverskillige gedrag in gevaar stel,” het Nkonyeni Maandag gesê.

Volgens Nkonyeni het verkeersbeamptes die naweek 7 953 voertuie by padblokkades voorgekeer en 672 boetes uitgeskryf. 136 motoriste is onder meer aangekla vir bestuur sonder ’n rybewys, en 18 is vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

’n Verdere 171 motoriste is vir spoedoortredings vasgetrek en beboet. 102 motoriste is ook vir ander oortredings soos die versuim om ’n veiligheidsgordel te dra, die bestuur van onpadwaardige voertuie en roekelose bestuur beboet.

Nkonyeni het motoriste gewaarsku dat wetstoepassing ook vir die Paasnaweek in April in die provinsie verskerp sal word.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Dronkbestuur  |  Motoriste  |  Lur  |  Vervoer  |  Langnaweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.