Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
LUR sê taxibedryf moet eers gewag het met sy besluit

Hoewel hy begrip het met die frustrasie van die taxibedryf, moes die bedryf eerder wag voordat daar besluit is om taxi’s vol te laai, sê Bongi Madikizela, Wes-Kaapse LUR vir vervoer.

Hy het Maandag op ’n besoek aan ’n taxistaanplek in Kaapstad gesê dit lyk asof taxibestuurders in Kaapstad gehoor gegee het aan die Suid-Afrikaanse nasionale taxiraad (Santaco) se beroep dat taxibestuurders regulasies van Maandag verontagsaam deur taxi’s vol te laai.

Bonginkosi Madikizela
Bonginkosi Madikizela praat gister-oggend met joernaliste by die Kaapstad-sentraal-taxistaanplek. Foto: JACO MARAIS

“Dit is baie betreurenswaardig dat dit hierdie punt moes bereik, maar ek kan verstaan hoekom Santaco die besluit geneem het. Hulle het die besluit weens frustrasie geneem.

Volgens Madikizela is van die kwelpunte wat deur rolspelers in die bedryf gelig is, nie aangespreek nie. Hy sê daar moet ’n balans tussen inkomste en gesondheid getref word, maar weens die inperking het hongersnood skerp toegeneem.

“Dit is hoogtyd dat ons mense toelaat om terug te keer werk toe. Mense verstaan die gevare en moet nou die belangrikheid daarvan verkondig om die gesondheidsprotokolle na te kom. As mense nie deur die virussiekte doodgemaak word nie, sal hulle doodgaan weens honger en ander siektes as daar nie ’n balans getref word nie,” sê Madikizela.

Dit is hoogtyd dat ons mense toelaat om terug te keer werk toe. Mense verstaan die gevare en moet nou die belangrikheid daarvan verkondig om die gesondheidsprotokolle na te kom. As mense nie deur die virussiekte doodgemaak word nie, sal hulle doodgaan weens honger en ander siektes as daar nie ’n balans getref word nie,

Nazeem Abdurahman, voorsitter van Santaco in die Wes-Kaap, kon nie Maandag dadelik op navrae reageer om te sê of hulle die verontagsaming van die regulasies ondersteun nie.

Phillip Taaibosch, Santaco se president, het Sondag op ’n aanlyn mediakonferensie gesê sy strukture in al nege provinsies sal die regulasies verontagsaam omdat Fikile Mbalula, minister van vervoer, glo vir die vierde keer ’n vergadering met Santaco uitgestel het.

Santaco is ongelukkig oor die regulasies wat beperkinge op die hoeveelheid passasiers in ’n voertuig plaas omdat dit winste knou, en meen ook die hulpverlening van R1,1 miljard wat die regering vir die bedryf aanbied, is te min.

Ntomboxolo Makoba-Somdaka, woordvoerder van Madikizela, sê sy is nie bewus van enige skermutselinge wat Maandag tussen taxibestuurders en wetstoepassers in die Wes-Kaap plaasgevind het nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.