Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lyk buite Graaff-Reinet as Gautenger geïdentifiseer

Die vrou wie se lyk verlede week buite Graaff-Reinet gevind is, is as Anette Jooste van Eeden geïdentifiseer.

Volgens die Oos-Kaapse polisie is dié 59-jarige vrou se laaste bekende woonadres in Vereeniging, Gauteng.

Van Eeden se lyk is verlede Donderdag om 06:40 langs die N9, net buite die Karoo-dorp, in die rigting van Middelburg gevind nadat die polisie op ’n anonieme wenk gereageer het.

Van Eeden het ’n oop wond aan haar kop gehad.

Die polisie het vir bykans ’n week lank gesukkel om haar te identifiseer, voordat sy oplaas deur haar vingerafdrukke geïdentifiseer is.

’n Familielid van Van Eeden wou nie Donderdag oor haar dood kommentaar lewer nie.

Kapt. Bradley Rawlinson, ’n polisiewoordvoerder, sê die lykskouing is Woensdag afgehandel, maar die oorsaak van haar dood word vir eers weerhou.

Speurders van die Graaff-Reinet-polisiekantoor volg tans alle leidrade rondom Van Eeden se dood op.

Brig. Rudolph Adolph, bevelvoerder van die Graaff-Reinet-polisiegebied, het intussen ’n verklaring uitgereik waarin hy die gemeenskap se hulp in hul ondersoek na Van Eeden se dood vra.

Enigeen met inligting kan ao. Leon Weitz by 082 301 8475 bel.

Meer oor:  Graaff-Reinet  |  Gauteng  |  Lyk  |  Vrou  |  Gevind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.