Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Lyk geëien as dié van vermiste UV-student

’n Vermiste student van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se lyk is Maandag geïdentifiseer nadat hy reeds vroeg in September in ’n motorongeluk dood is.

Amkelani Nhlanhla Thwala (21), wat deur die UV se Suid-kampus in die Kwetlisong-sentrum in Qwaqwa studeer het, is op 6 September as vermis aangemeld.

Amkelani Nhlanhla Thwala. Foto: Facebook/ Amkelani Amorh Aphiwear Thwalarh

Volgens Lacea Loader, UV-woordvoerder, is daar nou bevind dat hy dieselfde dag waarop hy vermis geraak het, naby die Bergville-tolhek in KwaZulu-Natal in ’n motorongeluk betrokke was.

Sy liggaam is onherkenbaar vermink en hy kon dus nie dadelik geïdentifiseer word nie.

“Die polisie se forensiese diens het hom geïdentifiseer en Maandag sy familie en daarna die Qwaqwa-kampusbestuur ingelig,” sê Loader in ’n verklaring.

Volgens Loader het die Qwaqwa-kampusbestuur, die polisie en ’n private speurder sedert Thwala se verdwyning onverpoosd na hom gesoek.

Hy is die laaste keer in die Setsing-omgewing in Phuthadjitjhaba gesien en was glo na Newcastle in KwaZulu-Natal onderweg.

Brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het die besonderhede in die UV se verklaring bevestig.

Die UV-bestuur betuig in die verklaring sy medelye met Thwala se familie en vriende.

’n Plakkaat wat Missing Children SA uitgereik het ná die bevestiging van Amkelani Nhlanhla Thwala se dood. Foto: Facebook/Missing Children SA
Meer oor:  Lacea Loader  |  Amkelani Nhlanhla Thwala  |  Qwaqwa  |  Vermis  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.